Gaan hommeltuie binnekort jou huis veilig hou?

'n Grafiese voorstelling van die hommeltuig-veiligheidstelsel (Foto: CNN Money)

‘n Grafiese voorstelling van die hommeltuig-veiligheidstelsel (Foto: CNN Money)

Die Switserse maatskappy Sunflower Labs het Donderdag ʼn prototipe van ʼn hommeltuig-veiligheidstelsel vir residensiële gebruik bekendgestel wat bedreigings identifiseer, ondersoek en inwoners daarvan in kennis stel.

Dié organisasie, met sy hoofkantoor in Zürich, het tydens ʼn perskonferensie gesê dié baanbrekerstelsel, Sunflower Home Awareness, sal verseker dat ʼn hommeltuig soos ʼn veiligheidswag jou erf patrolleer en konstant die omgewing monitor.

Hoe werk dit? Die hommeltuig neem vibrasie, klank en beweging waar. Dié kunsmatige intelligensie stel die tuig in staat om te onderskei tussen ʼn mens, motor of dier.

Die hommeltuig neem deurgaans video’s wat na die inwoner se selfoon gestuur word, en die eienaar kan uiteindelik besluit of sy huis in gevaar is of nie.

Kunsmatige intelligensie sal die hommeltuig ook in staat te stel om “bekende” persone te identifiseer, soos byvoorbeeld iemand wat pos aflewer, deur te bepaal hoe hy die huis benader en hoe lank hy daar tyd verwyl.

Uit die oog van die kamera (Foto: CNN Money)

Uit die oog van die kamera (Foto: CNN Money)

Wanneer die hommeltuig egter nie in staat is om die persoon te identifiseer nie en hom as ʼn bedreiging sien, word ʼn kennisgewing na die inwoner se slimfoon gestuur.

Die eienaar kan ook deur middel van die slimfoon vir die hommeltuig die opdrag gee om tot by die “bedreiging” te vlieg en konstant naby hom te bly totdat die polisie in kennis gestel is.

Die hommeltuig is só ontwerp dat hy outomaties sal afskakel wanneer hy iets tref, en sy breë omvang en slim tegnologie verseker ook dat bewegings byna geluidloos plaasvind.

Die tuig weeg tans 900 g, maar die maatskappy beplan om die massa af te bring tot 400 g voordat met vervaardiging begin word.

Die hommeltuig sal na verwagting sowat R2 000 kos. Finale toetse sal in 2017 van stapel gestuur word.

Bron: CNN Money

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ben ·

Kan miskien goed werk vir sekuriteit.
Wat van:
1> Geraas wat hulle afgee.
2> Honde gaan vir hulle blaf.
3> As jou bure ook een het – moontlike botsings.
4> Jou privaatheid
5> Die steuring (wegjaag) van normalle natuur lewe.
Stel voor ons oordink die saak eers goed en stel nodige wetiglike regulasies in.
Kan goed werk op plase en kleinhoewes?

Sam ·

“Die hommeltuig is só ontwerp dat hy outomaties sal afskakel wanneer hy iets tref, en sy breë omvang en slim tegnologie verseker ook dat bewegings byna geluidloos plaasvind”

Dink daar is amper 3 van jou vrae beantwoord

chris ·

Ek dink die Maarskappy wat hiermee besig is sal al die nodige “pro’s en con’s ” deeglik teen mekaar opweeg !!! Ek dink dit is briljante idee !!! Die prys ook nie te onaardig nie . Sal beslis een koop.

Marietjie ·

Ek wonder net of dit in die nag ook sal werk. Het verseker laasnag een nodig gehad, nie geweet waarvoor die honde eintlik blaf nie, kon self niks sien nie en die sou ‘n mooi prentjie vir my gegee het hoekom hulle blaf.

sommige aspekte sal nie in SA werk ·

Wag by die bedreiging tot die polisie opdaag. Dit kan dalk net lank vat en agtervolg die drone die eerste bedreiging… kan n tweede bedreiging inkom en die hele plek verwoes…

Pietman ·

Ons regering sal nooit so iets wettig nie. Dis onregverdige diskriminasie teen skelms.

Ignatius ·

Dit sal baie handig wees teen misdaad. ‘n Nadeel is ‘n mens se privaatheid aangesien ‘n mens altyd mense sal kry wat onbedagsaam is teenoor jou.
‘n Mens sal ook seker ‘n lisensie van die owerhede moet kry om so ‘n hommeltuig aan te hou tesame met gepaardgaande regulasies.
Wonder hoe lank bly die tuig in die lug,of sal jy in die middel van die nag sy batterye moet laai of die ou battery moet wissel met ‘n nuwe .Vlieg dit outomaties in die lug deur dit met rekenaars of slimfone te programmeer?
Jy sal seker ook opgelei moet word om die tuig te hanteer sodat dit nie weg vlieg nie.
Dit is baie nuttige tegnologie wat ook misbruik kan word bv. soos rekenaars en selfone.
Daar is baie vrae hieroor maar ten spyte daarvan bewonder ek vandag se tegnologie want elke dag is daar iets nuuts.

Giep ·

Ek hoor mense praat van “privaatheid”…en “lawaai”

Wat van DIT RED LEWENS!! Is dit nie belangriker as jou privaatheid en die stilte om jou nie?
Mensig…praat van selfsug…
Ek soek 1000 van hulle sodat ek hulle kan bemark! EK WIL LEWENS RED!!

Karr ·

Dit gaan uiitstekend werk vir buurtwage en plaas buurtwagte. Ons moet saam werk hiermee.

jaco ·

lekker ding wat die dief kan steel as dit langs die dief iets tref en dan outomaties afskakel. daarna gaan die dief by jou huis in en steel net verder…

Jade ·

Die mens is skape. Die hommeltuig work lankal internasionaal gebruik om op die gewone publiek te spioneer. Dit is een van die eerste dinge wat die NWO gebruik om seker te maak dat mense nie hulle geloof of sienswyse uitleef nie want dit rapporteer alles. Ook word dit gebruik om teikens dop te hou deur die CIA en FBI vir uitwissing. “Common knowledge” vir die wat eintlik die nuus kanale dophou en dit word maklike uitgewis met lige EMP tegnologie.

Mario ·

Dit gaan mens se privaatheid skend. Hoekom belê mense dan nie in kameras as hulle so omgee oor veiligheid. Nee wat as dit in my area is , dan kry ek anti-drone laser. Skiet hulle af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.