Gebruik dié nuttige apps wanneer jy reis

selfoongebruiker-in-restaurant

‘n Slimfoon kan deesdae jou lewe baie vergemaklik. Argieffoto.

Desember is vir die meeste mense gelyk aan ʼn lang vakansie wat dikwels verg dat jy langs ver paaie moet reis tot by jou bestemming. Hoewel ʼn navigasietoestel of kaart jou kan help om by dié bestemming te kom, veroorsaak hulle soms ʼn kopseer. Hier is ʼn paar nuttige apps wat jy kan aflaai op jou slimfoon of tablet wanneer jy in die vreemde gaan reis. Meeste van die apps is geskik vir Android en iOS-bedryfstelsels.

  1. Where am I? (Android/iOS)

Dié app is nuttig om te gebruik wanneer jy nie weet waar jy is nie. Dit stel jou ligging vas en kan jou selfs help om ʼn bank of ʼn restaurant op te spoor. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. HERE maps (Android/iOS)

Dié slim app werk op dieselfde wyse as ʼn GPS-toestel, maar kan jou stap-vir-stap aanwysings gee. Dit is dus nuttig wanneer jy nie binne ʼn voertuig is nie. Dit bied ook meer as 90 roetes selfs al is jy nie aan die internet gekoppel nie. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Find My Car (Android/iOS)

Wanneer jy onbekend is met ʼn omgewing is dit dikwels moeilik om te onthou waar jy jou motor parkeer het. Dié nuttige app stel jou in staat om presies te weet in watter rigting jou motor staan en wat die afstand tussen jou en jou motor is. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Flapp Air Commuter (Android/iOS)

Dié app gaan jou in staat stel om vlugte vinnig te bespreek. Dit stel jou in staat om te weet wat die goedkoopste kaartjie is en watter tye beskikbaar is om te vlieg na bestemmings in Suid-Afrika. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Translator Speak and Translate (Android/iOS)

Dié vertaler kan tot en met 100 verskillende tale herken wanneer jy in die buiteland kuier. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Currency converter (Android)

Indien jy in die buiteland vakansie hou, kan dié app jou help om jou rande om te wissel na enige geldeenheid. Jy sal presies weet hoeveel geld jy nodig het vir ʼn ete en ʼn drankie. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Free Wi-Fi Finder (Android/iOS)

Dié app stel jou in staat om verbind te bly in enige omgewing deur WiFi-kernpunte te soek waarmee jy kan konnekteer sonder om te betaal. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Uber (Android/iOS)

Soms wil jy ʼn aand uit saam met vriende geniet, maar nie noodwendig met jou eie motor ry nie. Uber is beskikbaar in meer as 50 lande. Jy laai die app af, skep ʼn profiel en kan binne sekondes weet hoeveel dit jou uit die sak gaan jaag om van een bestemming na ʼn volgende te reis. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Baby and Child First Aid (Android/iOS)

In ʼn noodsituasie vergeet ʼn mens gewoonlik noodsaaklike inligting wat iemand se lewe kan red. Dié app bied nuttige wenke vir ouers oor wat om in noodgevalle te doen, byvoorbeeld met brandwonde, vergiftiging of wanneer iemand verstik. Laai dit hier af vir Android en hier vir iOS.

  1. Tracking the Wild (Android)

Wanneer jy in ʼn vreemde omgewing is en ʼn behoefte het om ʼn natuurreservaat te besoek, kan dié app jou in staat stel om die naaste reservaat naby jou te vind. Dit dui ook aan watter diere te sien is en hoeveel van elk daar in die reservaat is. Laai dit hier af vir Android.

Bronne:

http://techlife.samsung.com/10-travel-apps-1115.html

http://www.travelstart.co.za/blog/10-south-african-built-travel-apps-you-should-be-using/

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann van Rooyen ·

Asseblief julle kon bietjie meer moeite met die artikel gedoeb het soos:

1. Die Afrikaans vir n app is n toep vir toepassing

2. Julle kon die skakels ook ingevoeg het.

3. Julle on ook aandui vir watter bedryfstelsel platforms dit beskikaar is bv. AOS, ANDROID of WINDOWS em sommer due Toep- winkels ook gemeld het.

4. Ook kon julle dit n stergradering uit 5 sterre gegee het.

5. Hoekom nie vn toepassingsfoto ook by elke toep plaas nie?

Vergelyk n soortgelyke artikel deur ENTREPRENEUR magazine…

Nie kwaad nie – net my voorstel om dit volgende keer te verbeter.

Johann

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.