
Minister Tina Joemat-Petterssen tydens die aanskakeling van die sonkragaanleg in De Aar in die Noord-Kaap (Foto: @eskom_sa, Twitter)
Die grootste sonkragaanleg in Afrika is Donderdagoggend in die Noord-Kaap aangeskakel.
Tina Joemat-Petterssen, minister van energie, was by die geleentheid om amptelik die “Solar Capital Power Plant” aan te skakel.
Die aanleg is in De Aar geleë en sal na verwagting meer as 175 MW aan die nasionale netwerk verskaf.
- ‘n Sonkragaanleg in De Aar in die Noord-Kaap (Foto: @eskom_sa, Twitter)
- Die sonkragaanleg in De Aar in die Noord-Kaap (Foto: @eskom_sa, Twitter)
- Minister Tina Joemat-Petterssen tydens die aanskakeling van die sonkragaanleg in De Aar in die Noord-Kaap (Foto: @eskom_sa, Twitter)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Kan daar nie asb MEER sulke goeie nuus vir ons wees nie! Kyk net wat kan ons doen in hierdie land! Voorwaar inspirerend.
Daar is darem soms goeie nuus ook in die media. En Sonkrag besoedel nie ons lug nie.
André, anders as die Russiese kernkrag fiasko, wat ‘n langdurige afhanklikheid aan ‘n oorsese groep soos Rosatom sal inlei, het sonkrag ‘n ander kant: die installering kan van plaaslike (on)geskoolde arbeid gebruik maak. Ons hoef nie uraan (wat ons wel op eie bodem het!) uit Rusland in te voer nie :-). Goeie nuus. +1.
Dit is ‘n uitstekende idee! Ek is meer gemaklik met sulke projekte as met kernkrag – die operasionele risikos met kernkrag is net te groot met ons lae vlak van vaardighede en swak werksetiek.
. . . en wat gebeur as daar ‘n haelstorm losbars by De Aar?