Hoe sal dit wees om op die maan te woon?

Voorstel van 'n maanbasis Foto: NASA

Voorstel van ‘n maanbasis Foto: NASA

Iemand wat op die maan wil gaan woon, of selfs net daar wil gaan vakansie hou, gaan volop te doen hê en enigiets van baie hoë berge tot diep kraters en selfs spelonke kan besoek, maar gevare skuil om elke hoek en draai.

So sê Rick Elphic, projekwetenskaplike van Nasa se Ladee-projek. Die maan en sy baie uiters flou atmosfeer is tydens dié projek baie intensief ondersoek. Die dagtemperatuur is in die orde van 123°C, en dié dae is 14 aarddae lank en die nagtemperature daal tot -233°C.

Ironies is die beste plek om ’n basis op te rig digby een van die pole, waar die sonstrale permanent skrams skyn. Die gemiddelde temperatuur daar is ongeveer nul grade. Hier kan dalk aansienlike voorrade waterys teenwoordig wees.

Daar is geen nut aan weersvoorspellings nie, maar die oog sal beslis op ruimteweer gehou moet word. Meteore, so groot soos gholfballe, kan groot skade aanrig juis omdat daar geen beduidende atmosfeer op die maan is nie.

Seismiese toerusting op die maan het ook reeds maanbewings van sowat 5,5 op die Richttersaal waargeneem – sterk genoeg om strukturele skade aan geboue aan te rig.

Die maan se swaartekrag is maar net ’n sesde van dié op aarde, wat ook die beoefening van sport baie moeilik sal maak.

Lees gerus die volledige verslag in Space.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco Steyn ·

Ons sal dit heel waarskynlik maar ernstig moet oorweeg om maan toe te trek as Afrikaanse webblaaie voortgaan om mense soos Thys Human se bydraes te verwyder en sodoende verhoed dat Afrikaanse mense ingelig word aangaande die ware stand van sake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.