Japannese laai voorraad af by ruimtestasie

Die Internasionale ruimtestasie (Foto: NASA)

Die Internasionale ruimtestasie (Foto: NASA)

’n Japannese robottuig wat aan die Internasionale Ruimtestasie vasgemeer het, het broodnodige voorraad en toerusting na die bemanning aan boord van die stasie gebring.

Die kosvoorraad wat gebring is, sal die bemanning tot die einde van die jaar hou. Sowat 5 ton voorraad is vroeër verloor toe eers ’n Russiese aanvullingskip in April, en toe ’n Amerikaanse skip in Junie, onderweg verongeluk het.

Benewens kos het die Japannese tuig ook toerusting gebring wat dit wat verongeluk het, vervang het, waaronder ’n spesiale teleskoop waarmee na spore van donker materie gesoek sal word.

Die Japannese tuig sal die volgende paar weke saam met die ruimtestasie om die aarde wentel en intussen vol rommel geprop word, waarna dit ontkoppel sal word om in die atmosfeer uit te brand.

Bronne: Christian Science Monitor, Space.com,

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan 2 ·

Ek kan nie glo hul mors nog tyd met die ISS nie (hoeveel zero G toilette moet ons nog ontwerp) ons kon lankal op Mars mense neergesit (en terug gebring) het. As dit nie vir daai belaglikke stasie was nie kon ons permanent n LAB op mars beman het en as daar die behoefde was hul (meestal nutlose) “experimente”, oppad na mars gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.