
Kunstenaarsvoorstelling van Juno naby aan Jupiter. Grafika NASA/JPL/Caltech
Die Juno-ruimtetuig wat na vyf jaar op 4 Julie by Jupiter aankom, het pas ’n finale en suksesvolle koersaanpassing gemaak wat sal verseker dat die bestemming bereik word.
Juno is in Augustus 2011 gelanseer, maar het nie reguit na Jupiter gereis nie. Die tuig het na dit verder as Mars se baan gereis het, teruggeval en in Oktober 2013 weer by die aarde verbygereis om deur die slingervel-metode genoeg spoed te kry om Jupiter te haal.
Juno, wat deur sonpanele van krag voorsien word, sal sowat twee jaar om Jupiter reis en onder meer probeer vasstel of die gasplaneet ’n soliede kern het. Die tuig sal daarna in Jupiter vasvlieg om vernietig te word.
Juno se besoek sal die mens se kennis oor die sonnestelsel se grootste planeet oneindig uitbrei.
Bron: Spaceflight, CS Monitor
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ek sien baie uit…soos altyd dankie Herman.