Jupiter is oudste planeet in sonnestelsel

Jupiter. Foto: NASA/JPL-Caltech/SwRI/MSSS/Roman Tkachenko

Jupiter is nie net ons sonnestelsel se grootste planeet nie, dit is ook die oudste.

Navorsers het tot dié gevolgtrekking gekom deur die isotope van twee elemente op meteoriete wat op die aarde geval het, te bestudeer. Hieruit is vasgestel dat daar twee duidelik onderskeibare meteoriete is.

Die enigste manier waarop dit kon gebeur, was as daar vroeg ’n versperring in die ruimte was wat veroorsaak het dat die meteore elkeen so uiteenlopend in hul afgesperde gebied kon ontwikkel.

Dit beteken Jupiter moes reeds ’n miljoen jaar ná die son gevorm het, en oor ’n kern beskik het wat 20 keer groter as die aarde was. Elkeen van die vormende meteore moes hierna sowat twee tot drie miljoen jaar in hul onderskeie afgesperde gebiede gebly het.

Jupiter se groei het hierna afgeneem, en eers drie tot vier miljoen jaar ná die son se vorming 50 keer die aarde se massa behaal. Deesdae is Jupiter se massa 318 keer dié van die aarde.

Bron: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hennie ·

Herman wat sê die Bybel se heel eerste vers? “In die begin het God die hemel en aarde geskape.” Wanneer was die begin? Was daar ander goed voor die begin geskape, dan was die begin nie die “begin” nie. Volgens God se Woord ( dis te se as jy glo in God se Woord) was die aarde direk ná die hemel geskape en ook die eerste planeet, op die eerste dag.

Reinhardt ·

Ek sweer ek lees al hoe meer hierdie artikels net om sulke kommentare te sien.
Puik argument Hennie, gaan haal jou nobel prys vir uitnemendheid in die wetenskap.

Ashlee ·

Hennie, die Bybel was geskryf deur mense. Ook nerens in die Bybel verstaan ons hoe lank n DAG vir God was. Dit kon 5000 jaar gewees het, en ek glo dit kon wees.

Jan ·

Dankie Herman vir die interessante stuk.

Hennie, ek mag dalk met jou verskil. Die Bybel verwys glad nie na enige planete nie. Die Bybel is geskryf deur ongeletterde mense in die bronstyd-era wat geglo het die plat Aarde is die middelpunt van God se skepping. Mense wie gedurf het om te verskil was in die mideleeue op brandstapels doodgemartel deur die Katolieke elite.
Vandag weet ons die heelal is biljoene jare oud. Die wetenskap leer ons van die “red light shift, supernovas, black holes” en ons het die Hubble teleskoop en ander tegnologiese instrumente om meer te leer.

Frans ·

Ashlee, en dit was aand en dit was môre die volgende dag. Hoekom sal die Here ons confuse met hoe lank ń dag is. Die Bybel is deur mense geskryf maar geinspireër deur die Heilige gees vir ons lering sodat ons kan glo in wat geskryf is deurdat dit gebeur het nadat dit geskryf is. Glo deur die Bybel te lees.

Jan ·

Die skrywer maak baie stellings wat nie wetenskaplik bewys kan word nie. Wetenskap is tog die sistematiese studie van materie en energie deur opservasie en eksperimente. Die eerste wet van termodinamika se materie of energie kan nie gevorm of vernieting word nie.
So waar kom die materie vandaan wat die planete en sterre gevorm het?
Wat was voor dit?
Waar kom die energie vandaan wat alles dryf?
Die Evolusie geloof het geen antwoorde nie. Tyd, spasie en materie kan slegs saam ontstaan. Die Bybel antwoord egter alles. Gen 1:1: In die begin ( verlede, hede, toekoms) het God ( Vader, Seun, HG) die hemel (hoogte, breedte, lengte) en die aarde (vastestof, vloeistof, gas) gemaak.
Jesus het gese in Joh 5:46 As julle Moses geglo het, sou julle my geglo het, want hy het van my geskryf, maar as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe kan my woorde glo.
Ek is so dankbaar dat ek Jesus ( wat die Woord is) glo, en daardeur hoop en die ewige lewe het.

Eish ·

Jan, van al die kommentaar maak joune die meeste sin vir my. Ek verstaan glad nie hoe die wetenskaplikes kan sê omdat die binnegoed van twee meteoriete wat op aarde geval het verskil, is Jupiter soveel ouer as die aarde nie. My beperkte kennis daar gelaat. Ek glo liewer dat ons Hemelse Vader alles geskape het uit niks as wat ek glo niks het alles tot gevolg gehad per toeval. Nee, jong, die manne se wilde afleidings gaan nog baie rooi gesigte tot gevolg hê. Daar is genoeg gate in die ou aarde teorie en genoeg teen bewyse vir ‘n jong aarde om my vas te laat hou aan die Woord.

Piet ·

Jan,
Ek het dieselfde vrae gehad totdat iemand hierdie boek vir my gegee het om te lees:
” a universe from nothing ” deur Lawrence M Krauss.

Director Krennic ·

Die vorming van ons planeetstelsel het 4.6 biljoen jaar gelede omdat ‘n reusagtige waterstof gaswolk onder die die invloed van gravitasie begin krimp het (die totale area van die wolk het gekrimp onder gravitasie wat die temperatuur vehoog het). Die temperatuur het in so ‘n mate toegeneem soos die area verder gekrimp het onder die invloed van gravitasie dat waterstof kerne begin saamsmelt het. 4 H-kerne het ‘n Helium (He) kern gevorm met die verlies van ‘n gamma-straal foton. Dit het naderhand ‘n kettingreaksie gevorm en na miljoene jare het genoeg van hierdie samesmelting plaasgevind om te sorg dat ons ster (die ‘Son’) kon ‘aanskakel. Die proses is steeds aan die gang – die verlies van energie wanner H –>He saamsmelt voel ons as lig en hitte en hou ons planeet lewend. Nie al die materie is egter in die vorming van ons ster gebruik nie – die oorblyfsel (wat bekend staan as die ‘accretion disc’) het later die planete gevorm. Die artikel in Space.com meld dat Jupiter se kern egter eerste gevorm omdat die materie in die ‘accretion disc’ nie eenvormig verpreid was nie – dit was ‘lumpy’ – en die grootste ‘lumps’ het die kerne van Jupiter en die ander gasplanete gevorm – weereens oor miljoene jare. Die rotsagtige binneplanete (ons s’n ingesluit) het na dit gevorm uit wat oor was. Hierdie is ‘n proses wat ons steeds waarneem in sterrekunde. Daar is geen god betrokke hier nie.

Jan ·

Director die beskrywing is in teenstelling met die 2de wet van termodinamika wat se dat alles neig na wanorde, ook in teenstrydig met Boyle se gas wette. Daar is geen manier wat gravitasie ‘n gas kan laat ‘n vastestof word en nog sommer brand ook soos die son nie.

Waar kom die reusagtige waterstof gas wolk nogals vandaan?
Wat was voor die sg 4.6m jaar?
Waar kom spasie, die ruimte vandaan?

Daar is geen antwoorde en bewyse nie – die Evolusie is ‘n geloof sonder God en sonder HOOP.

Heb 11.3 Deur die geloof verstaan ons dat die wereld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie onstaan het uit sienlike dinge nie, maar uit onsienlike.

Director Krennic ·

Soveel nonsens in hierdie repliek dat ek nie eers weet waar om te begin nie. Haal maar diep asem en probeer weer.

Die vermoeë van enige stelsel om werk te doen is gekoppel aan sy vry energievlak. Die hoeveelheid energie wat onafwendbaar verlore gaan as hitte is so ‘n oop stelsel se Entropie. In energievloei is daar altyd ‘n klein verlies sodat die Entropie in die Heelal altyd sal toeneem. Hierdie toename in Entropie is die Tweede Wet van Termodinamika. Gelukkig, vir ons, is die hoeveelheid bruikbare energie (wat verskaf word deur al die sterre in die Heelal – ons s’n ingesluit) so reusagtig groot dat daar genoegsame hoeveelhede is om nog biljoene jare te hou.

Dat ons planeetstelsel uit ‘n reuse waterstof gaswolk onstaan het, is ‘n sterrekundig waarneembare feit. Dit word op die oomblik waargeneem (deur die Kepler en James Webber teleskope byvoorbeeld) rondom duisense jong sterre. Planeetvorming is ‘n vakgebied op sy eie en Maroela se beperkte fasiliteite om hierop in te gaan, onbreek. Boyle se gaswette is juis in ooreenstemming met die stadige ‘verval’ van so ‘n waterstof wolk onder gravitasie (veminder die volume en die druk verhoog asook die temperatuur). Sover dit ons skeppinsgmites aanbetref (daar is baie): wel, miskien moet dié maar eerder metafories ontleed word as letterlik/wetenskaplik…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.