Noudat ons uitgevind het wat bitcoin is en hoe dit ontstaan het, wil Maroela Media weet hoe veilig kriptogeldeenhede soos bitcoin is.
Wouter Snyman, uitvoerend hoof van attooh!, het oor ʼn koppie boeretroos vir die span van Maroela Media verduidelik net hoe veilig die soort kriptogeldeenhede is.
Snyman sê die tegnologie waarop kriptogeldeenhede gebou is, is veilig, maar dit is steeds spekulatief om in bitcoin te belê.
- Kyk al die vorige video’s uit die gesprekreeks met Wouter Snyman oor kriptogeldeenhede soos bitcoin op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Die tegnologie gaan die wereld verander. Die geldeenhede is eintlik bysaak.
Daar is ‘n ekonomiese waarheid wat bepaal dat die stelsel wat Bitcoin beveilig omseil sal word. Die totale waarde van alle Bitcoin is so ‘n aanloklike teiken dat baie kundiges daaraan werk en dat iemand sal slaag.
ek persoonlik dink bidcoin is n klomp skelm gemors ek het aangesluit en ek hoor niks na ek my geld oor geplaas het enby [email protected] is hulle e mail en tot vandag het ek niks gehoor wat van my geld geword het nie en dit is al die einde van november so dis waarom ek se dis n scam
Bitcoin kan bykans enige plek gebruik word, in jou plaaslike supermark, petrolstasie, klerewinkel, restaurant enige plek waar Visa Kaart aanvaar word kan jy jou Bitcoin Kaart gebruik net ssos jy jou normale Visa Dt of Kt bank kaart kan gebruik. Bitcoin gaan die internasionale betaal middel word. Baie maklik om jou Bitcoin enige plek in die wereld te gebruik.
Ek dink nie jy het dit na die regte Bitcoin Wallet oorgeplaas. Dit neem net paar minute om jou geld te kry in jou Bitcoin Wallet. Miskien het jy verkeerde persoon gevra om jou te help en het hy/sy jou gesluk. Bitcoin by regte platvorms is baie veilig