Koning Toet se dolk kom uit die ruimte

Die dolk wat gevind is (Foto: Space.com)

Die dolk wat gevind is (Foto: Space.com)

Nuwe navorsing toon dat die dolk wat aan die dy van Farao Toe­tankamen se mummie in sy grafkelder gekry is, se lem uit metaal geslaan is wat van ’n meteoriet afkomstig was.

’n Span Egiptiese en Italiaanse wetenskaplikes het die ondersoek met nuwe tegnologie gedoen, wat die chemiese samestelling van die dolk se lem akkuraat kon bepaal. Hul bevindings is in die joernaal, Meteoritics and Planetary Science, gepubliseer.

Die lem bevat benewens yster, ook 11% nikkel wat tipies van yster-meteoriet is, asook ’n bietjie kobalt wat ook in sulke meteoriete gevind word. Die handvatsel van die dolk en skede is van goud, en die handvatsel se knop was van kristal.

Toe­tankamen was nog ’n seun toe hy gesterf het, en het in die 14de eeu voor Christus regeer.

Hy is veral bekend omdat sy grafkelder grafrowers vrygespring het tot dit in 1922 deur Howard Cater ontdek is. Die grafkamer was gepak met skatte.

Metaal van meteoriete was in die antieke tye dwars oor die wêreld gewild om seremoniële ornamente van onder meer religieuse aard te maak.

Lees meer: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Graeme ·

Ongelooflik fantastiese nuusberig. Tutankhamun se pa was Akhenaten en hy was ‘n baie vreemde Farao. Die eerste om ooit die idee van monoteïsme voor te staan en dit ‘n beleid te maak (later “gekopieër” deur die afgewaterde godsdiens tradisies wat Antieke Egipte opgevolg het), het hy diep spore getrap in nie net die geskiedenis van een van die grootse beskawings wat ooit op hierdie planeet bestaan het nie maar ook alles wat daarna gekom het. As ‘n mens net kyk na sy kop – langwerpig, ongewoon. Baie vreemd…….Maar dan was alles in Antieke Egipte ongewoon…

En nou leer ons sy seun het ‘n swaard laat maak van meteoriese metaal….

Hoor sommer die ‘X Files’ deuntjie….of ‘Ancient Aliens’….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.