Kuberkrakers steel glo miljoene se e-pos-besonderhede

eposKuberkrakers het glo die gebruikersname en wagwoorde vir meer as 270 miljoen e-posadresse van Yahoo, Gmail en Hotmail gesteel.

Volgens Reuters word 40 miljoen Yahoo-rekeninge, 33 miljoen Hotmail-rekeninge en 24 miljoen Gmail-rekeninge geraak.

The Inquirer berig Google, Yahoo en Microsoft stel intussen ondersoek in na die voorval. Volgens Hold Security word die gebruikersname en wagwoorde in die Russiese “kriminele onderwêreld” verhandel.

Gebruikers wat Yahoo-, Gmail- en Hotmail-rekeninge het, is aangeraai om hul wagwoorde te verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KLEIN ·

Ooo Hene nou gaan ek nog meer gemorspos kry en ook skatryk word met al die pryse wat ek gaan wen. dalk nog `n Russiese vrou ook kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.