Volgens ’n nuwe studie wat in die Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is, is dit moontlik dat verskeie van die planete wat om die klein ster Trappist-1 wentel, lewe soortgelyk aan dié van die aarde kan bevat.
Minstens drie van die planete, maar dalk al sewe, kan bewoonbaar wees. Trappist-1 is bietjie groter as Jupiter.
Omdat die afstand tussen die planete omtrent so groot is as die afstand tussen die aarde en die maan meen navorsers dit is moontlik dat meteore van die een na die ander kan “spring”. Dit is moontlik dat dié meteore mikroskopiese lewe van die een na die ander kan neem.
Indien wel, kon lewe op meer as een van die planete baie soortgelyk as op die aarde ontwikkel het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Dit is net ñ kwessie van tyd voor lewe op ander planete ontdek gaan word.
As enige lewe van watter aard ookal op enige ander planeet gevind word,kan ons maar die bybel wegpak,want dan het ons geen geestelikke waarheid meer om aan vas te hou nie.Dan kan ons die waarheid as volg beskryf;Skriftelikke,feitlikke bewyse,wat deur wysheid van woorde as leuens voorgehou word en deur manupilasie,mense dit laat glo en as sulks bely.
As daar lewe gevind word, is dit in elk geval deur God se toedoen daar geplaas. Alles is moontlik by Hom; niks is moontlik sonder Hom.
Het Jesus nie dalk vir ons met die gelykenis van die goeie herder vertel dat lewe op ander planete moontlik is nie?
“Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie”.
Ai mense, dink tog uit die “box”. Om vir een oomblik te glo dis net ons hier op hierdie “enigste” aarde wat bestaan in ‘n skepping wat miljoene vierkante ligjare groot is, is regtig baie eng en ‘n bewys hoe baie ons mensdom nog het om te verstaan oor God en Sy Skeppings.