Luister: Nou lewer ek pizzas af vir ʼn lewe


klipkouers-PizzaVandag gesels Jacques Basson met Vicky Le Roux van Chicago pizza

  • Vertel ons ʼn bietjie meer oor jouself

Ek is in Bloemfontein gebore en het by Kovsies studeer. Ek woon tans in Colorado in Amerika, wat baie soos Clarens [Vrystaat] is. Ek het B.Com en stad- en streeksbeplanning studeer en nou lewer ek pizzas af vir ʼn lewe.

  • Waarom het jy hierdie tipe soort onderneming en bedryf aangepak?

Ek is getroud met ʼn Amerikaner en hy het die onderneming omtrent ‘n jaar voordat ons getroud is gekoop. Ek het basies net so in die onderneming ingestap en as jy met ʼn sakeman getroud is, weet almal tog dis absoluut goedkoop arbeid.  Dis hoe ek in pizza-aflewering beland het.

  • Hoe gaan julle te werk om nuwe klante te werf?

Dis regtig baie moeilik omdat ons klante nie altyd dieselfde mense is nie, aangesien dit by ‘n ski-oord is, met ‘n nuwe groep mense elke tweede week. Daarom gebruik ons tegnologie om nuwe klante te werf met ʼn webwerf omdat mense op hul selfone ‘n eetplek soek. Baie klante gee goeie terugvoer oor ons diens, wat ook nuwe klante aanmoedig om ons te gebruik. Ons doen hinderlaagbemarking, deur spyskaarte op ondernemings se deure te sit en ons vra die hotelle om hul klante te vertel van ons.

  • Kan julle bepaal hoeveel van jul klante is plaaslik teenoor die toeriste?

Ja, plaaslike inwoners dra ons onderneming ‘n bietjie deur die jaar, maar 90% van die mense is toeriste en ons maak die meeste wins uit hulle.

  • Hoeveel maande van die jaar genereer julle die grootste deel van jul inkomste?

Vier maande gedurende die winter, maar die somermaande begin ook nou bietjie meer optel sodat ons ten minste nog twee maande ekstra inkomste het.

  • Wat maak jul pizza anders?

Ons maak alles self en al ons bestanddele is vars. Ons rasper selfs ons eie kaas. Ons gebruik geen bevrore bestanddele nie.

  • Wat is die grootste sakefout wat jy tot dusver gemaak het?

Ek het die fout gemaak om nie genoeg te weet van elektroniese bemarking nie.

  • Wat is jou grootste swakheid?

Ek is maar bietjie hardkoppig en ek is aanvallend as iemand my kritiseer.

  • Watter gewoonte wens jy het jy gehad?

Ek wens ek kon kritiek soos water van ‘n eend se rug laat loop.

  • Sonder watter sagteware kan jy nie klaarkom nie?

Persoonlik sal ek sê fitbit, wat wys hoe ver jy loop. Ek gebruik dit ook wanneer ek tennis afrig. Ek wens ook ek kon ‘n sweetband kry wat wys wie werk die hardste in ons onderneming en wie hardloop die meeste.

  • Watter boek sal jy aanbeveel as ʼn moet-lees?

Ek het net een en dit is die Bybel. Ek hou ook van Stieg Larsson – The girl with the dragon tattoo.

  • Wie is vir jou ʼn inspirasie en hoekom?

My ma, want sy het my geleer wat harde werk is en hoe om om te gee vir mense.

  • Wat is jou gunsteling aanhaling?

“Môre het genoeg van sy eie kommer jy kan nie oor vandag bekommer nie”.

  • Met alles wat jy nou weet en as jy môre oor kan begin, watter soort onderneming sou dit wees?

As ek kan teruggaan, sal ek sportwetenskap studeer en ‘n onderneming begin wat daarmee verband hou.

  • Hoe kan die klipkouers met jou kontak maak?

Epos: [email protected]

Facebook: Vail CHicago Pizza en webwerf: www.chicagopizzavail.com

Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com

Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.