Maroela Media een van die ‘webwerfkonings’

Argieffoto

Argieffoto

Maroela Media is trots om deel te wees van die top 20 webwerwe in Suid-Afrika, soos pas berig deur MyBroadband.

Die webwerf, MyBroadband, publiseer maandeliks ʼn lys van die top webwerwe in Suid-Afrika, gebaseer op die syfers van Effective Measure, wat statistiek van webwerwe bepaal.

Maroela Media is 20ste op die lys vir Desember 2015 en een van slegs twee Afrikaanse webwerwe. Die ander Afrikaanse webwerf is Netwerk24 (Beeld, Volksblad, Rapport en Die Burger) wat in die 10de plek op die lys verskyn.

Effective Measure is die amptelike vennoot van IAB South Africa en verskaf akkurate statistiek van webwerfverkeer en demografie vir Suid-Afrika se top webwerwe.

Die lys is opgestel op grond van die hoeveelheid unieke lesers wat die betrokke webwerwe in Desember 2015 besoek het. Altesaam 795 508 persone het Maroela Media in Desember 2015 besoek.

News24.com is eerste op die lys met meer as 5 miljoen unieke besoekers; gumtree.co.za is tweede op die lys met meer as 3,88 miljoen unieke besoekers en timeslive.co.za is derde met byna 2.7 miljoen unieke besoekers.

Lees die volledige berig op MyBroadband.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lees verniet en die nuuste gratis ·

Ek lees eerder Maroela Media as wat ek op Nerwerk 24 die “notification” kry………registreer vir R99. So moeg daarvoor. Dankie Maroela Media vir die nuuste nuus GRATIS

Anny Penny ·

Ek verkies ook MM want by Netwerk24 kry jy hordes opskrifte maar moet betaal as jy wil lees. Weet nie hoe MM dit so gratis kan doen en NW24 nie

Leendert van Oostrum ·

Dit is baie goeie nuus!

En ‘n baie goeie prestasie vir ‘n relatief “jong” webwerf wat moet kophou in ‘n uiters politiek-korrekte omgewing waar politieke voorkeure etiese stelreëls word.

Reinhardt ·

As ek dalk een stukkie konstruktiewe kritiek kan lewer is dit die kommentaar seksie. Dit voel baie stadig en moeilik om te gebruik. Ek sal dit ook waardeer as ek n epos of iets kan ontvang sodra iemand my antwoord op my kommentaar.

Sune van Heerden ·

Dagsê Reinhardt

Dankie vir jou terugvoer.
Ons beplan hierdie jaar ‘n opwindende verrassing wat lesersdeelname betref, en ons sal dan hierdie voorstel in oorweging neem.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Otter ·

Dit is goeie nuus. Ons is trots op Maroela Media en hoop en bid sat julle oor ‘n jaar bo Netwerk24 sal staan.
Dankie vir die kwalireit nuus en dan nogal gratis ook. MM is in my oë die amptelike volksmedia.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.