Metaal van Atlantis in baie ou skeepswrak gevind

IngotsArgeoloë wat ’n skip ondersoek wat 2 500 jaar gelede naby die stad Gela in Sisilië gesink het, het op stafies metaal afgekom wat deur die Grieke as ’n waardevolle metaal beskryf is wat algemeen in Atlantis voorgekom het en waar ook verskeie myne daarvoor was.

Die 39 stafies orichalcum was waarskynlik vir die beroemde metaalwerkers van Gela bestem.

Terwyl die vonds in sekere kringe opgewondenheid veroorsaak, het dit ook weer die debat geopen oor wat presies orichalcum, ’n glimmende plaatmetaal is. Volgens die filosoof, Plato, was net goud meer werd as orichalcum. Hy meld egter dat in sy eie tyd die metaal slegs nog in naam bestaan het.

Die metaal wat nou gevind is, se samestelling is bepaal en bevat tussen 75% en 80% koper, 15% tot 20% sink en klein hoeveelhede nikkel, lood en yster. Die samestelling het prof. Enrico Mattievich, ’n afgetrede hoogleraar van Brasilië, laat verklaar dat die metaal wat nou gevind is, nie orichalcum is nie.

Mattievich glo die antieke Grieke het Suid-Amerika bereik, en so in aanraking gekom met die Chavín-beskawing van die Andes. Volgens hom sou dié beskawing (1 200 v.C. – 200 v.C.) die werklike orichalcum gelewer het. Hy meen dit sou uit 9% koper, 76% goud en 15% silwer bestaan het.

Die volledige artikel in Discovery.com kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Miskien is “Cash for Scrap” dalk ‘n goeie plek om vir die metaal tesoek !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.