Metode ontdek om waterstof goedkoper te vervaardig

Dr. Percival Zhang (regs) en dr. Joe Rollin voor hul toestel Foto: Virginia Tech

Dr. Percival Zhang (regs) en dr. Joe Rollin voor hul toestel Foto: Virginia Tech

Navorsers van die Virginia Tech in die VSA het ’n nuwe metode ontwikkel om waterstof te vervaardig. Die nuwe metode is vinniger en goedkoper as vorige metodes, en hulle gebruik boonop die reste van mieliestronke, stingels en peule om dié kosbare, skoon brandstof te vervaardig. Waterstof is een van die vollopste elemente in die heelal, maar kom op aarde natuurlik net in gebonde vorm voor.

Hul navorsing is in die jongste uitgawe van Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer.

Na berig word kan die nuwe navorsing motors wat waterstof as brandstof gebruik, nou weer mededingend laat word. Sulke motors se uitlaat is skoon.

Ruimtevuurpyle wat van waterstof as brandstof gebruik maak, se brandstofkoste sal ook verlaag word.

Die navorsers het ‘n metode ontwikkel waardeur die proses versnel word waardeur sekere mikrobes waterstof uit biomassa skei. Hulle voeg byvoorbeeld twee eenvoudige plantsuikers, glukose en xilose by die biomassa. Skoon waterstof en ’n besonder klein hoeveelheid koolstofdiokside word afgeskei.

Omdat van bestaande afvalstowwe gebruik gemaak word, kan die aanlegte wat dit produseer omtrent enige plek opgerig word, wat plaaslike ekonomieë kan versterk. ’n Probleem is dat die ekonomiese lewensvatbaarheid van die metode nog nie bepaal is nie – iets wat die navorsers nou met mening wil aanpak.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.