4×4-aktiwiteite te kus en te keur by kykNET Buite-ekspo

Rocking-Crawlers

Die ‘Rocking Crawlers’ is maar net een van die 4×4-aktiwiteite by vanjaar se kykNET Buite-ekspo. Foto: Verskaf.

[promosie-artikel]

Dit is amper weer tyd vir die gewilde kykNET Buite-ekspo en viertrekvoertuig-entoesiaste kan gerus die naweek van 30 September tot 2 Oktober oophou vir dié lekker gesinsgeleentheid.

Vanjaar spog die Buite-ekspo nie net vir die eerste keer met ʼn nasionale ronde van die 4×4 X-Track Racing nie, maar is daar ook ander 4×4-aktiwiteite soos die LA Sport 4×4-bergroete en die LA Sport 4×4-gimkana. Buiten veldrenritte kan feesgangers ook ritte saam met Rocking Crawlers doen en boonop kan hulle saamry in ʼn Dakar 516- replika trok of saam met André de Villiers van die kykNET televisiereeks Safari 4×4 Roetes in sy Amarok. Avontuurlustiges kan selfs ʼn rit in ʼn helikopter of op ʼn kameel aanpak.

kykNET bring akteurs van die sepies Binnelanders, Suidooster en Getroud met rugby na die ekspo waar hulle dit agter die braaivleisvure gaan uitspook om te bepaal wie die braaikoning is. Die ekspo ondersteun oudergewoonte die Breyton Paulse-stigting en daarom sal ʼn raakrugbykliniek vir die jongspan aangebied word. Daarna sal ʼn gekombineerde rugbyspan van Getroud met rugby teen ʼn span van die publiek te staan kom.

Vanjaar se ekspo word ook besonders gemaak deur ʼn volwaardige tropiese eiland en ʼn unieke wyntuin. Verskeie kosverskaffers en ʼn plaaskombuis word op die terrein ingerig met ʼn groot kroeg en biertuin. Gretha Pers en Clarice en die Reënboogkinders sal verseker dat kinders vermaak word.

Die Buite-ekspo word by die Mbizi Game Lodge 8 km buite Bela-Bela in Limpopo aangebied en meer as 18 000 besoekers word verwag.

Besoek www.ekspo.co.za of Facebook vir meer inligting oor die 2016 kykNET Buite-ekspo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annie ·

Was verlede jaar daar en dis een groot fees!!! Gaan weer hierdie jaar – geniet dit baie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.