accidentANGELS: ‘Ek het my bewussyn verloor’

Foto: accidentANGELS

Jaco Strydom was een oggend in Maart vanjaar op die Schoemanskloof/Nelspruit-pad toe hy skielik duiselig geword het.

“Ek het my bewussyn verloor en beheer oor die motor verloor. Die motor het ʼn boom getref in ʼn sloot langs die pad en ek het wakker geword – ek was deurmekaar en verward,” vertel Jaco.

“Ek het gelukkig by accidentANGELS aangesluit toe ek my motor gekoop het, omdat dit as ʼn opsie aangebied is en ek het gedink dis ʼn goeie idee, omdat ek nie ʼn mediese fonds het nie. Ek het accidentANGELS direk ná die ongeluk gekontak en ek is na ʼn privaat hospitaal, Mediclinic Nelspruit, geneem.”

Jaco het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie, maar hy het borsbeserings opgedoen toe die lugsak tydens die ongeluk ontplooi het.

“Musa en Cari van accidentANGELS was baie hulpvaardig en het my die nodige sorg en behandeling gegee in die tyd wat ek dit nodig gehad het. Hulle diens was uitstekend.”

Jaco was só beïndruk met die diens en die voordele, dat hy sy werkgewer aangemoedig het om accidentANGELS-lidmaatskap te bekom vir al hul bestuurders (ongeveer 50 mense daagliks op Suid-Afrikaanse paaie).

accidentANGELS is bekostigbaar, betroubaar en die produk en voordele is maklik om te verstaan en dis baie maklik om te eis.

Teen slegs R149 per hooflid per maand en R90 vir elke afhanklike, bied accidentANGELS vervoer tydens ʼn noodgeval ná ʼn motorongeluk deur ER24 of enige ander nooddiensverskaffer. Jou lidmaatskap beteken ook dat jy tot R10 000 vir mediese traumabehandeling kan ontvang in ʼn privaat hospitaal se ongevalle-eenheid (buite pasiënt) en tot R200 000 vir behandeling in ʼn privaat hospitaal (indien jy opgeneem word).

Indien jy ʼn motorfietsryer is, kan jy aansluit teen R249 per lid per maand.

Besoek accidentANGELS se webwerf vir meer inligting en sluit aan by hul Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.