Afrikaans en Land Rover nou maatjies

Jaguar/Land Rover SA gaan as voertuigverskaffers optree vir die reeks "Afrikaans is Groot"-konserte

Jaguar/Land Rover SA gaan as voertuigverskaffers optree vir die reeks “Afrikaans is Groot”-konserte

Jaguar/Land Rover SA het onlangs erkenning gegee aan sy groot Afrikaanssprekende klantebasis deur as voertuigverskaffers op te tree vir die reeks “Afrikaans is Groot”-konserte wat vanaf 6 en 7, en 11 en 14 September by die NG kerk Moreletapark in Pretoria gehou gaan word. Hierbenewens word konserte ook op 15 en 16 November vanjaar by die Grand West-casino in Kaapstad aangebied.

Volgens Peter Biven, Jaguar/Land Rover se bemarkingsdirekteur vir Suid- en Suider-Afrika, is hierdie borgskap gebaseer op Afrikaanssprekendes se voorliefde vir die buitelewe – waar Land Rover nog altyd gewild was – en selfs as vervoermiddel na groot konserte en byeenkomste in stedelike gebiede.

“Alhoewel dit miskien ironies is dat hierdie Britse handelsmerk by Afrikaanse musiek betrokke raak, doen ons dit omdat ons ‘n sterk en lojale ondersteunersbasis in die Afrikaanse gemeenskap het,” aldus Biven.

Land Rover sal die bestuur van die Afrikaans is Groot-projek steun deur die verskaffing van twee Freelanders en twee Discoveries oor die volgende 12 maande.

Kunstenaars wat hieruit voordeel sal trek, sluit in Bok van Blerk, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Arno Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel en Steve Hofmeyr.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.