Asem opgehou vir Toyota se nuwe blitsbuksie

Toyota se nuwe GR Yaris.

Groot opwinding heers oor Toyota se nuwe GR Yaris.

Dié buksie word aangedryf deur ʼn splinternuwe turboaangejaagde 1,6 driesilinderenjin wat 200 kW en 370 Nm bied. Krag word na al vier wiele gestoot deur Toyota se GR-FOUR- permanente vierwielaandrywingstelsel.

Al is daar nog nie baie inligting oor hoe vinnig hy van 0 – 100 km/h blits en ander spesifikasies is nie dink ek dié Yaris gaan ʼn fantastiese byvoeging wees tot Toyota se ryk geskiedenis van sportmotors soos die Toyota 800, 2000GT, Celica, Supra, Corolla AE86, MR2 en 86.

Toyota se nuwe GR Yaris.

Kyk – en maak geen fout – indien die Yaris dit tot in Suid-Afrika maak (ek het dit op betroubare outoriteit dat dit wel sal) gaan hy nie goedkoop wees nie. Ek sou bespiegel tussen R700 000 na ʼn miljoen. Bygesê – indien dié Yaris DNS deel met die Yaris GRMN waarmee ek in 2018 gery het, is ek oortuig dat dié my volgende droommotor is.

Ek het al ʼn klomp keer geskryf oor Toyota se tydperk van kreatiewe droogte. Ons het dekades laas mooi, interessante, vinnige Toyotas gesien. In 2012 is die Toyota 86 egter saam met Subaru se BRZ bekendgestel.

Dit was ʼn louwarmsportmotor wat heel goed gevaar het – maar die vonke was nog bietjie dof.

Toyota se nuwe GR Yaris.

Ek het in 2018 met Toyota se Yaris GRMN gery. Dit is een van die motors wat in daardie jaar vir my uitgestaan het. Dit was verfrissend om te weet dat Akio Toyoda se instruksies dat Toyota weer opwindende voertuie moet bou gehoorsaam word.

In 2019 het die Supra in Suid-Afrika aangekom en kon die vonke regtig begin spat. ʼn 3,0 turboaangejaagde sessilinder wat 250 kW en 500 Nm bied en 0 – 100 km/h in ʼn ratse 4,3 sekondes. Aitsa.

Toyota begin homself weer stuk-stuk herposisioneer as ʼn mededinger vir petrolkoppe. Sy rateltaai reputasie vir betroubaarheid hoort vir die publiek daai ekstra gemoedsrus te gee – want alles loop reg, altyd reg – nou net baie vinniger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vita ·

Daar nie n manier dat die Yaris n verkoper gaan wees nie ,daar is soveel beter voertuie in die R700 000 prys klas, Audi, BMW ,Merc, VW Golf R ,

Ruben ·

Tussen 700 000 en n miljoen…koop liewer n mustang as jy daai geld het

Andre C ·

Dieselfde prysklas as n Civic Type R en n Audi S3 Sportpack ,beide ruim motors ? klink bietjie baie vir n 3 deur met min spasie

Grens ·

Ek sal hom vir my seun koop, dan kan ek so nou en dan ‘n draaitjie met die vinnige ding vat.

Vraagteken ·

Saam met jou lys van sportmotors is daar nog ‘n paar wat bygevoeg kan word. ‘n Voorbeeld is die 1983/4 Corolla TRD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.