Bekendstelling: BAIC D20 – China voeg daad by woord

Die BAIC D20 (Foto: BAIC)

Beijing Automotive Industry Company het gisteraand sy eerste produk in Suid-Afrika bekendgestel by ʼn glansgeleentheid in Melrose Arch in Johannesburg.

BAIC is in 1959 gestig en is tans die vierde grootste motorvervaardiger in China met ʼn 10%-markaandeel en 2,8 miljoen verkope verlede jaar. BAIC het ʼn strategiese beleggingsbesluit geneem om R11 miljard te belê in Suid-Afrika en ʼn vervaardigingsaanleg in Port Elizabeth se Coega-nywerheidsontwikkelingsone te bou.

BAIC beplan om 50 000 eenhede jaarliks in Suid-Afrika te vervaardig en eventueel wil BAIC ook sekere modelle uitvoer na Europa. Die maatskappy het reeds planne om teen 2020 agt passasiersvoertuie, nege kommersiële voertuie en drie nuwe-energie-modelle bekend te stel.

Die BAIC D20 (Foto: BAIC)

Om op te som lyk die D20 indrukwekkend toegerus. Die bougehalte lyk ook heel goed en die materiale is duursaam. Ons het nie met die voertuie gery nie en ek kan dus nie kommentaar lewer op ritgehalte of stilering nie. Daar is ʼn omvattende veiligheidstoestelvlak, ABS en EBD, lugsakke, parkeersensors, outomatiese ruiteërs op die Fashion-modelle, aanboordrekenaars en nog meer.

Die pryse en spesifikasievlak lyk indrukwekkend. Die geld wat reeds belê is spreek boekdele oor hoe BAIC sake doen. Kom ons kyk hoe vaar hulle met hul naverkoopdiens. Op die oomblik lyk dit belowend.

Daar is tans vyf modelle beskikbaar. Die reeks lyk só:

D20 1.3 Comfort75kW/ 128Nm6.4ℓ/100kmR149 990
D20 1.5 Comfort85kW/ 148Nm6.5ℓ/100kmR169 990
D20 1.5 Fashion85kW/ 148Nm6.5ℓ/100kmR179 990
D20 1.5 Fashion outo85kW/ 148Nm7.25ℓ/100kmR189 990
D20 1.5 Fashion outo sedan85kW/ 148Nm7.25ℓ/100kmR209 990

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/ 120 000 km waarborg. Diensintervalle is elke 10 000 km. Daar is ʼn opsionele diensplan beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Paul ·

En wat gaan Mercedes Benz sê daaroor dat die kar op ‘n druppel soos ‘n eerstegenerasie B-klas Mercedes lyk? Selfs die paneelbord is ‘n skaamtelose kopie van die eerstegenerasie Merc B-klas s’n.

Ek sou verbaas wees as mens nie sommer direk enige van die vier deure van so ‘n Merc sou kon afhaal en direk op hierdie kar kan monteer nie, so presies dieselfde lyk dit.

Die kantspieëltjies se ontwerp lyk ook byna presies dieselfde. Hulle probeer dit nie eers wegsteek nie.

Dit sou ook waarskynlik vir lesers insiggewend wees indien in die artikel ingesluit kan word dat die kar gebou word op dieselfde onderstel as die 2002 Mitsubishi Colt, wat ook gedeel is deur die 2004 Smart ForFour. Dis in wese dus eintlik ‘n onderstelontwerp wat 15 jaar oud is – vêr agter moderne ontwerpe.

Dalk sulke relevante inligting insluit, wat met ‘n vinnige Google-soektog opgespoor kan word, eerder as net die vervaardiger se eie bemarkingsmateriaal?

Piet Pompies ·

Dit is kommerwekkend wat vervaardigers doen om geld te maak, ter verwysing gebruik ek Toyota en VW omdat ek die reeks ken. Die Toyata Avanza is in 2007 in SA bekendgestel as die goekoper opsie vir die meer luukse modelle. Die Avanza het hom in die SA mark gevestig en Toyota het die prys progresief opgestoot die hoogte in. In 2007 kon ek een beskostig, nou nie meer want hy is te duur. Dieselfde met die VW Jetta en Polo, die Jetta is ingebring vir die middeklas en die Polo die goekoper weergawe, vandag is die Jetta so duur, verkope het gedaal en die eens suksesvolle produk word van die mark af gehaal. Die Polo het nou ingeskuif waar die Jetta was maar die prys is ook progresief aangepas en hy kos nou soveel soos die Jetta. Volgens my is die vervaardigers daarop uit om meer tegnologie by motors in te bring wat werklik nie waarde vir geld bied. Maak eerder ‘n betroubare voertuig wat velig is en bekostigbaar is, dan sal jy sien hoeveel meer nuwe en veiliger voertuie op ons paaie is.

Paul ·

Dis maar hoe die motorbedryf werk. Modelle groei stadig oor die jare, want vervaardigers wil kan sê: “Die nuwe model is groter, met meer spasie!” vir bemarking.
Tot op ‘n punt waar die nuwe kar eintlik in ‘n heel ander klas is as drie of vier modelle gelede.

Vat iets soos die Toyota Corolla. Die E80 Corolla van die 1980s was 4135mm lank en 1635mm breed.
Die E120 Corolla van 2000, was 4365mm lank en 1695mm breed. Dit het met 9,4% gegroei in ‘n dekade en ‘n half.
Vandag se Corolla, die E170 model, is 4639mm lank en 1775mm breed. Dit ‘n verdere groei van 11,3%.
Vandag se Corolla is 22% groter as die E80 Corolla van die middel-1980s.

Dan is dit mos nie verbasend dat hulle meer geld vir ‘n model met daardie naam vra nie?

Intussen is daar byvoorbeeld die Toyota Etios, wat ‘n lelike karretjie is, maar hy is: 4265mm lank en 1695mm breed. Dis groter as die E80 Corolla, en die Etios se 66kW klop die E80 Corolla se 62kW. Die Etios het ook veiligheidskenmerke wat die E80 Corolla nie gehad het nie.

Die Etios begin by R164000. Die E80 Corolla het ongeveer R7800 gekos in 1984, maar kyk wat het inflasie intussen gedoen. R7800 in 1984 se geld is gelyk aan sowat R120000. So die Etios is eintlik net so 37% duurder, en daarvoor kry jy ‘n groter kar wat veiliger is, minder gediens hoef te word en minder brandstof gebruik.

Paul ·

Of vat ‘n prysvergelyking oor nie so lang tyd nie, met die model wat jy genoem het, die Toyota Avanza.

In 2006, toe die Avanza ingebring is, het ‘n 1.5 SX Avanza R137 800 gekos. Nou kos ‘n nuwe 1.5 SX Avanza R244 300. Dis ‘n styging van 77,2% in 11 jaar, vir ‘n model wat ook intussen verbeter is.
Onthou, in 2006 kon ‘n rand meer koop as nou – inflasie verminder algemene koopkrag. R137 800 in vandag se geld is gelyk aan R270 000.
So eintlik is die Avanza nou omtrent 10% goedkoper as wat dit in 2006 was.

Om dit te illustreer, gestel jy het in 2006 jaarliks R150 000 verdien en jy het elke jaar ‘n 6% verhoging gekry. Dan sal jy in 2017 sowat R284 750 verdien, dit is 90% meer, teenoor ‘n Avanza se prys wat slegs 77% meer is.

Janie Monsieur ·

Dagsê Taal Tannie,

Dankie vir jou kommentaar. “China” en “Sjina” word albei erken in Afrikaans, dit is ‘n wisselvorm.

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Karloos ·

Dalk sal ek oorweeg om een te koop, dan is dit die naaste aan ‘n Mercedes sal kom. Lyk darem of ek binne die prysklas sal kan inval

Paul ·

Dit sal meer lyk soos iemand wat ‘n T-hemp by Mr Price koop en dan met ‘n swart pen ‘n Polo-mannetjie daarop teken.

Piet Pompies ·

As jong man het ek my eerste Golf 1.5 GLS in 1979 gekoop en van daardie tyd het ek liefde vir die Golf 1 en later Citi Golf ontwikkel. Dit het my stokpertjie geword om die Golfies reg te maak en verkoop. Tegnologie op die spesfieke model het in Julie 2004 ‘n groot stap vorentoe geneem met kwaliteit alhoewel die produk dieselfde gebly het.
Onlangs het ek groot herstelwerk aan ‘n Caddy paneelwa gedoen en na die projek en die Golf 1 projekte het een vraag my by gebly, hoekom is die voertuie so duur.

Paul ·

Karre van vergelykbare spesifikasies het nie juis duurder geword nie.

Die pryse is hoër, maar dit beteken nie die karre is duurder nie. Dit beteken eenvoudig die koopkrag van geld het algemeen verlaag. Inflasie.

Johann cb ·

Ai tog! Julle is soos “ou tannies met nat doeke”! Hou op kla, koop die voertuig, ry hom en lewer dan betekenisvolle kommentaar! ?
Dames skinder beslis minder as mans…

Elize C ·

Dankie tog Johann cb, IEMAND sê iets oor die ongelooflike tegniese ‘verslae’, waarvoor niemand gevra het in die konteks van ‘n gewone bekendstellings-berig nie. Dalk is dit hul werk….. om resensies te skryf oor nuwe voertuie op die mark. :-) Ek glo enigiemand wat deesdae oorweeg om ‘n nuwe motor aan te skaf, sal met die beskikbare tegnologie by mens se vingerpunte, eers bietjie meer inligting oor spesifikasies aanvra om ‘n ingeligde besluit te neem oor verskillende modelle wat binne jou bekostigbare prysklas val. En as jy dan ‘n “2de-handse” Merc wil aanskaf, is dit jou keuse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.