Bekendstelling: Dís nou sportiewe betroubaarheid

Die Toyota Etios Sport. Foto: Verskaf

Toyota het verlede maand 729 eenhede van sy Etios verkoop en handhaaf gewoonlik ʼn gemiddeld van om en by 1 000. Dit is dus ʼn lekker sterk model in hul aanbieding. Ek persoonlik geniet die Etios. Teen dié prys dink ek dit is ʼn betroubare stel wiele wat betroubaarheid bied wat sinoniem is met die Toyota-naamplaatjie.

Wat maak dié een anders?

Dit is ʼn beperkte weergawe, gedoop – Sport. Die grootste verandering? Met die oogopslag sien ʼn mens dadelik die dubbelkleurskema. Daar is wit en swart, of rooi en swart. ʼn Swart sierrooster, spieëls en drukvlerk rond die pakket mooi af en die 15”-sierwiele lyk mooi tuis teen die sportiewe kleurskema. Een van die grootste verbeterings wat in die hele reeks beskikbaar sal wees, is die nuwe Optitron-instrumente. Intree Xi-modelle kry elektriese vensters agter.

Die Toyota Etios Sport. Foto: Verskaf

Die Etios maak steeds gebruik van sy 1,5 viersilinderpetrolenjin. Dié enjin bied 66 kW en 132 Nm. Dit klink dalk nie asemrowend nie, maar op die pad ry die Etios heel lekker en die feit dat daar geen turbotraagtheid is nie, maak die Etios ʼn aangename ryding in die stadsverkeer. Om van 0 – 100 km/h te vorder neem 11,3 sekondes en hy sal aanhou draf tot 165 km/h. Brandstofverbruik is regtig goed, 5,9 ℓ/100 km in die sedan en 6 ℓ/100 km in die luikrug.

Die Etios geniet ʼn 4-ster Global NCAP-gradering. Daar is lugsakke vir die bestuurder en die voorste passasier, ABS en EBD asook voorspannende gordels en ISOFIX het dit moontlik gemaak. Die middelste passasier agter geniet ʼn driepuntgordel, uniek in dié segment.

Die reeks lyk só:

Etios 1.5 Xi luikrugR171 000
Etios 1.5 SprintR176 300
Etios 1.5 CrossR198 400
Etios 1.5 SportR178 800
Etios 1.5 Xi sedanR179 500
Etios 1.5 SprintR184 400

Alle Etios-modelle kom met ʼn 2 jaar/ 30 000 km diensplan en 3 jaar/ 100 000 km waarborg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Heinrich ·

Wens net hulle wil wegdoen met al die instrumente in die middel van die motor plaas; mens moet soveel verder wegkyk van die pad af om soontoe te kyk.

Koos1 ·

Heinrich, die enigste rede hoekom dit gedoen word is om kostes te spaar. Nou is dit soveel makliker om linker en regter handse stuur motors te bou sonder om die instrumente ook te skuif. Baie karre wat so gebou word sou nooit by ons uitgekom het as die “cluster” nie in die middel was nie.

Gerhard ·

Hoe is dit sportief en hoe is die betroubaarheid getoets?

Johann cb ·

Die voorkoms is standaard, niks sportief daaraan nie. Die instrumentepaneel is eienaardig uit sy plek uit – Toyota kon dit lankal verander het, maar verkies om die hoë prys na die verbruiker deur te voer. Niks om oor opgewonde te raak nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.