Bekendstelling: Hyundai vernuwe sy sportnuts-bukse

Die Hyundai Creta en Tucson. Foto: Verskaf

In die afgelope drie maande het Hyundai gemiddeld 345 Tucson’s en 372 Creta’s verkoop. Dit is baie sterk syfers as ʼn mens in ag neem dat Honda as handelsmerk nie in Augustus by dié twee modelle se verkoopsyfers uitgekom het nie. Hyundai moet dus mooi na die twee modelle kyk.

Die Tucson het meer as 13 500 eenhede verkoop sedert sy bekendstelling in 2016. Al 13 591 is steeds binne waarborg met Hyundai. Die waarborgverbrandingskoers is R25 per maand, indrukwekkend vir dié soort voertuig.

Die Hyundai Tucson. Foto: Verskaf

Twee van die ou Tucson’s word verwyder uit die stal, die 1.7 diesel en 1.6 turbopetrol handrat. Dié twee word vervang met ʼn 2.0 Executive outo en ʼn 2.0 Executive turbodiesel outo. Die eksterieur is effens opgeknap met ʼn nuwe sierrooster, hoof- en stertligte asook sierwiele. Die Tucson kry ʼn nuwe paneelbord uitleg met ʼn mooi 7”-skerm wat regop uit die paneelbord staan.

Die Tucson reeks lyk só:

Tucson 2.0 Premium handrat115kW/ 196Nm8.9ℓ/100kmR399 900
Tucson 2.0 Premium outo115kW/ 196Nm9ℓ/100kmR419 900
Tucson 2.0 Executive outo115kW/ 196Nm9ℓ/100kmR459 900
Tucson 2.0 Elite outo115kW/ 196Nm9ℓ/100kmR499 900
Tucson 2.0CRDI Executive 8-spoed outo**R529 900
Tucson 1.6TGDI Elite 7-spoed dubbelkoppelaarouto130kW/ 265Nm8.5ℓ/100kmR559 900
Tucson 2.0CRI Elite 8-spoed outo**R569 900

* Die inligting is nog nie beskikbaar vir Suid-Afrikaanse spesifikasiemodelle nie.

Die Creta het meer as 8 000 eenhede verkoop sedert sy plaaslike bekendstelling in 2017. Al is die Creta-reeks baie nuut, is die waarborgverbrandingskoers regtig indrukwekkend teen slegs R9 per maand.

Die Hyundai Creta. Foto: Verskaf

Die Creta kry ook nuwe buffers, sierrooster, ligte en wiele asook ʼn stel dakreëlings.Die Creta-reeks bly dieselfde met twee 1.6 petrol- weergawes, handrat en outo – en een outomatiese 1.6 turbodiesel. My keuse in die reeks bly die 1.6 diesel met 94kW en 260Nm. Gemiddelde brandstofverbruik is in die omgewing van 7ℓ/100km – heel gaaf.

Creta 1.6 Executive handrat90kW/ 150Nm7.9ℓ/100kmR339 900
Creta 1.6 Executive outo90kW/ 150Nm8.4ℓ/100kmR359 900
Creta 1.6 CRDI Executive outo94kW/ 260Nm7.4ℓ/100kmR399 900

Die Creta asook die Tucson is voorwaar gemaklike rygoed. Die vering is regtig soepel sonder om vreeslik te rol in die draaie. Met die goeie vering is padhouvermoë indrukwekkend vir die soort voertuie.

Wat steeds beïndruk van die hele Hyundai-reeks is die 5 jaar/ 150 000km- vervaardigerswaarborg, en 7 jaar/ 200 000km- dryfstelselwaarborg. Die Creta en Tucson is gedek deur ʼn 5 jaar/ 90 000km- diensplan.

Hyundai is al lank ʼn betroubare handelsmerk in Suid-Afrika, en ʼn mens hoef nie te wonder hoekom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zack ·

As ‘n Hyundai eienaar het ek geen probleem met die produk nie. Ek het sover net goeie diens gekry uit my voertuig. Een groot probleem is die 5 jaar 150 000km vervaardiger en 7jaar 200 000km bedryfstelsel waarborg. Hyundai dienste is buitesporig hoog. Ek het al daaraan begin dink om eerder my voertuig by iemand anders te laat diens en so die vervaardigers waarborg op te sê. Voertuig prys plus al die hoe dienste koste maak Hyundai ‘n duur voetuig.

Danie ·

Dit is ook ongelukkig die enigste voordeel daaraan om dié karre te koop. Dit is net aan die begin goedkoop. Iets wat dadelik my aandag getrek het (ek ook vroeër die artikel van Porsche gelees ) is dat dit dieselfde brandstof verbruik het met minder as helfte van die kraglewering teen rofweg ‘n derde van die prys. Ek is baie seker die Porsche voertuie het ‘n baie beter herverkoop waardes as hierdie karre.

Gerhard ·

Ek vermoed as jy die Porsche besit sal jy agterkom hy gebruik baie meer brandstof. Hoe hulle brandstofverbruik toets en hoe jy n Porsche ry is twee heeltemal verskillende goed.

Louw ·

Ek wonder nou net hoe kan die verslaggewer uitkom by ‘n gemiddelde brandstof gebruik van 7l/100km en dan die tabel plaas waar nie een onder 7,4l/00km wys nie. Inteendeel dit gaan op tot 8,4l/1100km. Vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.