Bekendstelling: Kattebak, of eerder olifantbak?

Foto: Verskaf.

Toyota het pas sy nuwe Rush bekendgestel. Wat presies is dit? Ek is nie heeltemal seker nie. Ek wil sê dit is ʼn medium-grootte sportnutsvoertuig. Maar ek wil ook sê dit is ʼn medium-grootte veeldoelvoertuig. Dit voel vir my meer bussie as sportnuts. Maak dit enigsins saak? Nie eintlik nie, kom ek verduidelik hoekom.

Die voertuig bied vyf sitplekke en ʼn enorme kattebak. Daar is Toyota se atmosferiese 1,5 viersilinderenjin. Geen turbo-aanjaers om dinge ingewikkeld te maak nie. Dié enjin bied 77 kW en 136 Nm. Die Nm klink dalk min – maar die VVTi veroorsaak dat mens net ʼn paar ratte moet terugskop en dan vind jy die krag heel bo in die toerestrek. Die 1,5 bied 6.7 ℓ/100 km.

Die binneruim is lekker groot en die materiaal duursaam. Die inligtingstelsel integreer mooi in die paneelbord en bied Carplay en Android Auto, verder is alles heel eenvoudig. Die bestuursposisie voel vir my effe vreemd, heel regop. Ek sou beslis my stoel laer wou stel terwyl beenruimte agter lekker groot is.

Toyota posisioneer die Rush onder die Fortuner. Ek kan sien waarheen hulle op pad is daarmee, die feit dat die Rush ook agterwielaangedrewe is, met 220 mm grondvryhoogte – maar, die Rush het nie vierwielaandrywing nie, en is ook glad nie met sewe sitplekke beskikbaar nie.

Die Rush het op die bekendstellingsroete hom goed gedra. Ritgehalte is lekker sag, so slegte paaie steur hom nie te erg nie. Die enjin het min kans gehad om in te loop, so het nog styf en grof gevoel. Ons sal binnekort meer tyd met die Rush deurbring, dán sal ons beter verslag gee oor die enjin, waar hy in die mark pas en hoe hy teen sy mededingers vergelyk.

Die reeks lyk só:

Toyota Rush 1.5 handratR299 900
Toyota Rush 1.5 outoR313 500

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000km waarborg en 6 jaar/ 90 000km diensplan. Diensintervalle is elke 15 000km.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

koos1 ·

Honda het ‘n soortgelyke stap sowat 2 jaar terug gedoen met die Mobility (kan nie lekker die regte naam onthou nie) en dieB-RV, en dit was glad nie suksesvol nie. Toyota in teendeel is hier op die regte pad. Lyk na ‘n goeie kopie en ek gaan beslis die een oorweeg.

Chris Ws ·

Sal hom slegs oorweeg met ‘n diesel enjin in.Die bekendstellings prys kon laer gewees het ook.Mmmmmm . . . . . . sal nog rondkyk.

Rush ·

@Chris – laat weet ons bietjie as jy ‘n beter waarde-pakket kry. (In ag geneem die ‘segment’)

Kool ·

koos1 – Die BR-V is n 7-sitplek en die persoon wat nie een het nie is die persoon wat hom nog nie gery en teen die kompetisie opgeweeg het nie.

B ·

Carplay en Android Auto is nie eens std beskikbaar op die nuwe Fortuner :(

Johan ·

Laat my dink aan die ou Venture van destyds, net so bietjie moderner gemaak.

LOL ·

Uit die voorafgaande kommentare blyk dit Toyota het baie werk te doen om voornemende kopers te oortuig in watter mark die voertuig is . Ek kan ook nog nie besluit waar die Rush inpas/hoort nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.