Bekendstelling: Só lyk die verfrissende nuwe MINI

Die opgekanpte MINI (Foto: MINI)

MINI het in 2004 ʼn reusestap gewaag onder nuwe eienaarskap by BMW om die MINI uit die oude doos te neem en te vernuwe. Aanvanklik was MINI-puriste vreeslik misnoeg oor die klap in sir Alec Issigonis se gesig oor die nuwe, groter MINI. Mense het nou al meer as ʼn dekade gehad om gewoond te raak aan die nuwe nommer, en MINI maak seker hulle hou dit so vars moontlik.

Die 3-deur-, 5-deur- en convertible-weergawe is opgeknap. Daar is steeds drie hoofweergawes in ʼn 3- en 5-deur. Daar is MINI One, Cooper en Cooper S. Daar is tóg ʼn John Cooper Works-weergawe, maar dit sal later bekendgestel word. In die afslaandak-MINI’tjie is daar net Cooper en Cooper S.

Vir eers, die MINI One word nou deur die nuwer 1.5-driesilinderturbopetrolenjin aangedryf. In dié model bied dié enjin 75 kW en 190 Nm. In die Cooper bied dié enjin 100 kW en 220 Nm. Gepaard met MINI se 7-spoed-DCT (Dual Clutch Transmission) is die Cooper ʼn lewendige buksie. Indien mens mooi ry, is die Cooper lekker lig op brandstof én mens kan jou digitale vissie in die inligtingstelsel bly maak. Indien mens soos ʼn motorjoernalis ry, dan verwyn al jou sterretjies en die vissie raak heel hartseer omdat jy die aarde besoedel.

Die opgekanpte MINI (Foto: MINI)

Die Cooper S-weergawe word deur MINI se 2.0-viersilinderturbopetrolenjin aangedryf. Dié enjin bied ʼn lekker 141 kW en 280 Nm. Met dieselfde ratkas is vordering aansienlik meer aggressief. Die MINI-onderstel is só goed dat hy die draaie opvreet, en het ons draaie gery in en om die skiereiland in die Kaap!

MINI beweeg nou in ʼn nuwe rigting vir hulle met MINI Yours Customized. Dit is ʼn diens waar mens verpersoonlikte items kan koop vir jou MINI. Dit word by MINI vervaardig en per pos vir jou gestuur. Mens kan jou aflewering verwag omtrent drie weke ná bestelling. Die items is maklik genoeg om self op te sit, en die idee is dat jy die oorspronklikes hou indien jy die voertuig weer verkoop. Vir MINI se teikenmark dink ek dit is ʼn goeie idee om só ʼn diens aan te bied.

Die MINI-produk praat met ʼn nismark. Jongmense wat goeie geld verdien en van ʼn meer kunstige handelsmerk hou, sal die MINI geniet. Die ontwerp is oulik, en die bougehalte indrukwekkend. Sodra ons meer tyd met die MINI deurgebring het, sal ek verder uitbrei oor die bestuurservaring.

Die reeks lyk só:

MINI One 3-deurR302 200
MINI Cooper 3-deurR370 300
MINI Cooper S 3-deurR428 300
MINI One 5-deurR312 300
MINI Cooper 5-deurR380 400
MINI Cooper S 5-deurR438 400
MINI Cooper ConvertibleR423 200
MINI Cooper S ConvertibleR493 800

Die reeks word gedek deur ʼn 2 jaar/onbeperkte km-waarborg en 3 jaar/75 000 km- omvattende instandhoudingsplan vir One-modelle, en 5 jaar/100 000 km vir die res van die reeks.

Die opgekanpte MINI (Foto: MINI)

Die opgekanpte MINI (Foto: MINI)

Die opgekanpte MINI (Foto: MINI)

Die opgekanpte MINI (Foto: MINI)

Die opgekanpte MINI (Foto: MINI)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Ws ·

Die’ Minis is hopeloos oorprys.Jammer,maar EK stel nie belang nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.