Bekendstelling: Só vervoer jy ʼn gesin

Hyundai se opgekikkerde H1-bussie (Foto: Hyundai)

Hyundai het gister sy opgekikkerde H1-bussie bekendgestel. Ons het voorheen berig oor ʼn trippie kus toe met die H1-bussie. Ek was regtigwaar beïndruk met die hele pakket en my vrou laat my nie vergeet dat sy een begeer nie.

Sedert 2009 is daar 17 633 H1-bussies in Suid-Afrika verkoop tussen die drie modelle: paneelwa, Multicab en bussie. Daar is vandag nog 9 065 daarvan onder waarborg en die waarborgverbrandingskoers is maar R85 per eenheid per maand. Dit is nogal indrukwekkend.

Die nuwe H1 het ʼn opgeknapte sierrooster, buffer, mis- en hoofligte. Die kantprofiel is onveranderd en in die kajuit is die slim inligtingstelsel nou standaardspesifikasie. Navigasie is beskikbaar teen R2 522. Die dieselbussie kry 17”-sierwiele in plaas van 16” en die sitplek-opset is onveranderd. Dit is wel nie ʼn probleem nie, want dit werk vir my heel goed só. Outomatiese ligte, ʼn truratkamera en ʼn reikafstand- verstelbare stuurkolom is nou beskikbaar in die dieselbussie, en klein opknappings wat ʼn groot verskil maak aan hoe ʼn mens met die bussie saamleef.

Hyundai se opgekikkerde H1-bussie (Foto: Hyundai)

Daar is steeds twee enjins beskikbaar. 2.4 petrol wat 126kW en 224Nm bied. Gemiddelde brandstofverbruiksyfer is 10.2 ℓ/100 km. Dié enjin is slegs beskikbaar in ʼn 5 spoed-handrat. Die 2.5 turbodiesel bied 125 kW en 441 Nm. Brandstofverbruik is 9.8 ℓ/100 km. Die brandstofverbruiksyfers is soos in Europa getoets, maar werklike syfers in Suid-Afrika sal verskil. Die diesel behoort hier by die 10 ℓ/100 km te handhaaf.

Die opgeknapte H1 se pryse is onveranderd van die vorige modelle.

Die reeks lyk só:

H1 2.4 Executive PetrolbussieR499 900
H1 2.5 Elite Dieselbussie outoR629 900
H 2.5 Dieselpaneelwa outoR459 900

Die reeks word gedek deur Hyundai se 5 jaar/150 000 km-voertuigwaarborg en 7 jaar/200 000 km-dryfstelselwaarborg, asook ʼn 5 jaar/90 000 km diensplan.

Ons sleep binnekort met die H1 en sal dan ʼn beter idee hê van brandstofverbruik en sleepvermoë, en sal dan die H1 met sy mededingers vergelyk.

Hyundai se opgekikkerde H1-bussie (Foto: Hyundai)

Hyundai se opgekikkerde H1-bussie (Foto: Hyundai)

Hyundai se opgekikkerde H1-bussie (Foto: Hyundai)

Hyundai se opgekikkerde H1-bussie (Foto: Hyundai)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jacques ·

Indien iemand belangstel om die Nuwe H1 Bus te koop, skakel Jacques Louw gerus by
012 470 5999

Willie ·

Wat is ‘n waarborgverbrandingskoers? Eerste keer wat ek met die begrip kennis maak.

Brendon ·

Dagsê Willie,

Baie dankie vir jou kommentaar. Hyundai vat die hoeveelheid H1 voertuie nog onder waarborg, en deel die kostes wat by die waarborg geëis word tussen die hoeveelheid voertuie onder waarborg per maand.

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

Francois ·

Nee wat ek ry self n 2015 en dis swaar op brandstof, ry baie lekker die res is vrek duur. Iets gaan vout maar waarborg tel nie veel vir jou nie. Spyt oor my ander maak voertuig wat ek verkoop het. Gaan ek maar eerder terug na my eerste keuse.

Brendon ·

Dagsê Francois,

Baie dankie vir jou kommentaar. Dit is jammer dat jy ontevrede is. Is jou bus die 2.4 petrol, of 2.5 diesel weergawe?

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.