Bekendstelling: Toyota stel sy Hilux Dakar-reeks bekend

Die Toyota Hilux Dakar (Foto: Toyota)

Maroela Media was bevoorreg om onlangs die bekendstelling van die nuwe, beperkte weergawe Toyota Hilux Dakar by te woon. Ek sal stry dat dit is hoe die Hilux veronderstel was om te lyk van die begin af – maar volgens ware Toyota-gewoonte – stadig maar seker.

Toyota hou daarvan om eers ʼn ding mooi uit die boom te bekyk … en nie halsoorkop in ʼn ding in te jaag nie. Wel, nie die hele Toyota nie. By die bekendstelling is ons bederf om ʼn draai te ry saam met Giniel de Villiers in sy Dakar-veldrenmotor. Sjoe … maar jy kan meer daaroor lees in ʼn ander berig.

Wat maak die Dakar anders as die Raider? Die sierrooster en voorste buffer is effe anders. Dit lyk nou baie meer soos die Tundra wat in Amerika beskikbaar is. Aan die binneruim is alles swart gemaak, tot die dakbedekking – en ek hou daarvan.

Die Toyota Hilux Dakar (Foto: Toyota)

Die inligtingstelsel is nou toegerus met navigasie – ʼn item wat ek lankal verwag het in Hilux. Die instrumente kry ʼn nuwe gesig, eie aan die Dakar.

Die Dakar is beskikbaar in Dubbel- en Xtrakajuit, 4×2 en 4×4 asook handrat en outo – maar slegs met die 2.8 GD-6-enjin. Dié enjin bied 130 kW en 450 Nm in die outo, en 420 Nm in die handrat. Albei ratkaste is 6-spoed en die vierwielaandrywing word aan- en afgeskakel met ʼn elektriese knoppie binne die kajuit. Die 4.0 V6 bied 175 kW en 376 Nm en is slegs beskikbaar in die dubbelkajuitmodel.

Die Dakar is slegs beskikbaar in vier kleure, Inferno Orange Metallic, Glacier White, Chromium Silver en Graphite Grey.

Die reeks lyk só:

Toyota Hilux Xtrakajuit 2.8 GD-6 Dakar handratR470 300
Toyota Hilux Xtrakajuit 2.8 GD-6 Dakar outoR488 300
Toyota Hilux Xtrakajuit 2.8 GD-6 4×4 Dakar handratR535 600
Toyota Hilux Xtrakajuit 2.8 GD-6 4×4 Dakar outoR553 800
Toyota Hilux Dubbelkajuit 2.8 GD-6 Dakar handratR535 000
Toyota Hilux Dubbelkajuit 2.8 GD-6 Dakar outoR553 400
Toyota Hilux Dubbelkajuit 2.8 GD-6 4×4 Dakar handratR601 100
Toyota Hilux Dubbelkajuit 2.8 GD-6 4×4 Dakar outoR621 000
Toyota Hilux Dubbelkajuit 4.0 V6 4×4 Dakar outoR662 700

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/100 000 km-waarborg en 9 dienste/90 000 km vir die dieselmodel en 6 dienste/90 000 km vir die petrolmodel.

Die Hilux Dakar-reeks (Foto: Brendon Staniforth)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

koos1 ·

Merc x-klas 2.3 D/cab? Toyota Dakar 2.8 d/cab? Ek weet wat ek sou kies, en ek sal dan nog sowat R200 000.00 spaar. Baie maklike keuse.
Ek het in die begin nie van die nuwe Hilux gehou nie, maar hy groei op my en ek sal nou sê ek sal nie omgee nie!

Anoniem ·

Sal my voortande gee vir een, maar R600 000-00? Nee wat dan ry ek maar my ou Isuzu “implement” .

Hoor Hoor ·

Die Dakar is beslis iets vir die oog maar ek stem saam sy prys pas nie by hom nie.
Pasop vir wat jy wens. Jy sal beslis jou voortande gee as jy een het wat rol.

Diensplan ·

Is die diensplan terugwerkend aangepas vir bestaande eienaars van die 2.8 modelle?

Vraagteken ·

Jy rol hom net as nie die vernis van voertuigbeheer het nie – dis ‘n kombinasie van aan die stuur ruk en ‘lift off oversteer’.

Ek verwonder.. ·

Laat ek raai…jy is seker n Ford met n Raptor kit man?

Gerhard ·

Ek het al die bakkies behalwe VW as werksvoertuig gebruik. Hilux is die mees oordrewe voertuig op die pad. As ek moet kies tussen Ford (selfs met n Raptor kit) en die ding vat ek die Ford.

Vraagteken ·

Hoekom is die V6 so duur? Daar is mos baie minder komponenete in hom in vergelyk met die 2.8 turbo diesel?

Piet Patat ·

Genade mense !
Kom ons gegin by d basics . Hoekom koop jy n bakkie ? Lyk my 90 % van d kopers wil ” brag ” oor d paaiement elke maand . Ek was onder d indruk n bakkie is n werksding . Ek het seker n ander boek gelees waar dit in staan . En dan se die rubriek skrywer nog hys bly oor d binnekant swart is . Wat n stupid keuse vir n kar of bakkie se binnekant in SA .
Maar nou ja . Ek staan maar op d kantlyn en smile maar net terwyl ek in my 32 jaar oue Hilux net so lekker ry ………….
Sonder daai buitensporige skenking aan d banke elke maand !

Johann cb ·

Uiteindelik! Só moet die Hilux mos nou lyk! 100% vir Toyota se ontwerpers! Hoop hulle brei die voorkoms uit na die meer basiese modelle.

Vraagteken ·

Ja vir die prys. Maar hulle hou. Iets wat die ander maak/e nie kan sê nie.

Turbo ·

Mal prys in vergl met??

(Neem ook 9 dienste in ag wat ingesluit is)

Vraagteken ·

100% stem saam. Net jammer die V8 se engine spoed is bietjie hoog teen 120km/h.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.