Bekendstelling: Triton sluit wéér aan by die bakkie-oorlog

Die nuwe Mitsubishi Triton. Foto: Verskaf

In Januarie 2017 het Mitsubishi ʼn opgeknapte Triton aan die mark bekendgesel. Al die motorjoernaliste was gaande oor die nuwe produk. Dit het lekker gery en die nuwe enjin en ratkas was puik. Ongelukkig het die publiek nie in hul duisende Tritons gaan koop nie. Ek kan dit nou nog nie verstaan nie – dit is regtig ʼn puik bakkie.

Ek glo hulle het nóú ʼn wenresep. Die nuwe Triton is regtig bitter mooi, van voor en agter – maar veral van voor. Die binneruim is eerder luuks as werkesel – en in die dubbelkajuitmark dink ek dit is hoe dit hoort. Die kajuit is ergonomies uitgelê en die bougehalte goed. Die Triton het sewe lugsakke en ISOFIX-babastoel ankers. Daar is ʼn magdom elektroniese veiligheidstelsels soos ABS met EBD en stabiliteit en vastrapbeheer. Die wegtrekhulp en afdraandbeheer vorm deel van die 4×4-stelsels.

Die nuwe Mitsubishi Triton. Foto: Verskaf

Die Triton ry steeds met die 2.4 MIVEC-turbodieselenjin wat 133 kW en 430 Nm bied. Nie net is dié syfers lekker sterk nie, maar die enjin loop lekker stil – veral op die lang pad met Mitsubishi se nuwe 6-spoed outomatiese ratkas. Teen 120 km/h luier die enjin teen ʼn ekonomiese 1 800 r/min. Die outomatiese Triton sal 7,6 ℓ/ 100 km kan haal op die gekombineerde siklus, en die handrat 7,5 ℓ/ 100 km.

My enigste kwaal met die Triton tot dusver in die kort tydjie wat ons met hom deurgebring het, is die ritgehalte. Ek het by die bekendstelling die vering uitermate hard ervaar. Dit kan moontlik harde bande gewees het, maar ek sal dit self nagaan wanneer ons met hom in die Junie-skoolvakansie karavaan sleep.

Die nuwe Mitsubishi Triton. Foto: Verskaf

Dit bring ons by die Triton se beste eienskap. 4×4. Die nuwe Triton het Mitsubishi se Super Select II 4WD-stelsel. Ek het nou al baie tyd in verskeie 4×4’s deurgebring – en ek kan vir jou sê, die Triton is een van die beste dubbelkajuit 4×4’s waarmee ek al deur ʼn paar hindernisse is. Die afdraandbeheer is dinamies, so ʼn mens stel dit voor jy by ʼn helling afry. As jy dan voel die spoed is te veel, rem jy ʼn bietjie. As jy die remme los, hou die stelsel die spoed waar jy dit gelos het. As dit te stadig is, versnel effe dán hou die afdraandbeheer dáái spoed. Dit werk regtig puik.

Die nuwe Mitsubishi Triton. Foto: Verskaf

Die voertuie waarmee ons gery het op die bekendstelling was splinternuut met slegs ʼn paar honderd kilo’s op. Die agterste ewenaarslot het partykeer bietjie vasgehaak en moeilik in en uitgeskop – maar soos ʼn mens 4×4 en die bakkie mettertyd inloop sal hy makliker in en uitskop.

Oor die algemeen is die Triton regtig ʼn indrukwekkende bakkie. Die kajuit is gemaklik en die bakkie se nuwe gesig bitter mooi. As 4×4 jou stokperdjie is – gaan toestsbestuur een, jy gaan regtig beïndruk wees. Die prys is ook glad nie sleg nie.

Die reeks lyk só:

Mitsubishi Triton 2.4DI-D dubbelkajuit133 kW/ 430 Nm7.5 ℓ/ 100 kmR509 995
Mitsubishi Triton 2.4DI-D dubbelkajuit outo133 kW/ 430 Nm7.6 ℓ/ 100 kmR529 995
Mitsubishi Triton 2.4DI-D dubbelkajuit 4×4133 kW/ 430 Nm7.5 ℓ/ 100 kmR569 995
Mitsubishi Triton 2.4DI-D dubbelkajuit 4×4 outo133 kW/ 430 Nm7.6 ℓ/ 100 kmR589 995

 

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg en 5 jaar/ 90 000 km

Mazda BT-50 3.2 dubbelkajuit 4×4 outo147 kW/ 470 Nm9.7 ℓ/ 100 km3 jaar/ onbeperkte km waarborg

3 jaar/ onbeperkte km diensplan

R569 700
Isuzu KB 3.0 TD dubbelkajuit 4×4 LX outo130 kW/ 380 Nm7.8 ℓ/ 100 km5 jaar/ 120 000 km waarborg

5 jaar/ 90 000 km diensplan

R615 500
Ford Ranger 3.2 dubbelkajuit 4×4 XLT outo147 kW/ 470 Nm9 ℓ/ 100 km4 jaar/ 120 000 km waarborg

6 jaar/ 90 000 km diensplan

R625 500
Toyota Hilux 2.8GD-6 dubbelkajuit 4×4 Raider outo130 kW/ 450 Nm8.5 ℓ/ 100 km3 jaar/ 100 000 km waarborg

9 dienste diensplan

R637 500
Volkswagen Amarok 2.0BiTDI dubbelkajuit 4Motion outo132 kW/ 420 Nm8.5 ℓ/ 100 km3 jaar/ 100 000 km waarborg

5 jaar/ 90 000 km diensplan

R646 000
Nissan Navara 2.3D dubbelkajuit 4×4 LE outo140 kW/ 450 Nm7.0 ℓ/ 100 km6 jaar/ 150 000 km waarborg

3 jaar/ 90 000 km diensplan

R647 500

Tussen dié mededingers is die Mazda en Mitsubishi albei ware winskope. Die Mitsubishi se 4×4-vermoë is onweerlegbaar. Al die mededingers is besonder sterk, gaan toets almal – een gaan jou hart steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kiewiet

Die Ranger is ligter op diesel en kos ook minder as die Mazda. Sy diensplan en waarborg is ook beter. So die Ranger is in baie beter kopie as die Mazda.

Johan

Die Triton is werklik ‘n indrukwekkende bakkie. (Insl die Fullback) Die puik Super Select 4WD, slim binneruim, gerieflike agtersitplekke, goeie hantering en puik 4X4 vermoë agv. ‘n korter afstand tussen die aste (as ander bakkies) is slegs ‘n paar aspekte wat lekker is van die Triton, daar is nog ander positiewes ook. (Die harde rit is 10 / 1 agv. die lae profiel bande – ek sal ande wielle met 17″ veel-terrein bande opsit) So waarom verkoop die Triton so swak in SA, wat ook met sterk depresiasie gepaart gaan: (Dit geld beslis vir ander Mitsubishi’s ook) 1. Daar is… Lees meer »

Harry

Sorry maar ek dink jou prys op die Navara is verkeerd, volgens hulle webblad kos hy R626500 so heelwat minder as die prys hierbo

marco polo

Met daardie lang agterstewe, wat n swak uitvalhoek beteken, en groot treeplanke kon dit nie vreeslike hindernisse gewees het wat ge-4×4 is nie.

tiaan

Ag nee, van vooraf is dit ‘n Toyota RAV ! ‘n RAV bakkie..ha, ha,