Bied Pajero Sport nou die beste waarde?

Die Mitsubishi Pajero Sport. (Foto: Verskaf)

Mitsubishi het pas sy Pajero Sport ʼn bietjie opgeknap; daar is drie modelle in die reeks.

Die Pajero Sport, soos die ander drie in dié segment, is op sy bakkie-boetie, die Triton, gebaseer. Die ander spelers in die segment is Ford se Everest, Isuzu se mu-X en Toyota se Fortuner.

Die intreemodel is ʼn gewone 4×2- outo, dán ʼn 4×4-outo en die reeks word afgerond met ʼn nuwe model – die Pajero Sport Exceed 4×4-outo. Al drie word deur Mitsubishi se puik 2.4 MIVEC-viersilinderturbodiesel aangedryf. Die 2.4 bied 133 kW en 430 Nm en gaan gepaard met ʼn lekker 8-spoed outo.

Al drie modelle bied drie rye sitplekke en het plek vir sewe. Al die sitplekke is met mooi leer oorgetrek. Die paneelbord in die Pajero Sport het altyd luuks gevoel, maar sal nou nóg beter wees met die nuwe digitale instrumente en 8”-raakskerminligtingstelsel. Aan die veiligheidskant spog die Pajero Sport met sewe lugsakke, ABS met EBD, noodremhulp, wegtrekhulp, outomatiese ligte en ruitveërs en parkeersensors met ʼn truratkamera.

Wat die Exceed bó sy maats laat uitblink, is ʼn sondak, Mitsubishi-afstandbeheerkonnektiwiteit en ʼn elektroniese kattebakdeur met skopsensors waar ʼn mens net jou voet onder die buffer waai dan maak die deur oop of toe.

Mitsubishi se Super Select II 4×4-stelsel is een van die bestes op die mark en op die Exceed-model is daar vier rymodusse waartussen eienaars kan kies. Ek het al ʼn paar 4×4-hindernisse met die Triton en Pajero Sport aangedurf, en die stelsel is werklik fantasties.

Ons gaan binnekort ʼn tydjie met die opgeknapte Pajero Sport deurbring en sal dan verslag doen oor hoe hy hom op die pad gedra. Desember is ons bevoorreg genoeg om met die Pajero Sport te sleep en ons sal vroeg Januarie verslag doen oor hoe hy sleep.

Terwyl jy wag, gaan kyk gerus in die vertoonlokale, want teen die prys is hy baie aantreklik in vergelyking met sy mededingers.

Die reeks lyk só:

Mitsubishi Pajero Sport 4×2 outoR609 995
Mitsubishi Pajero Sport 4×4 outoR659 995
Mitsubishi Pajero Sport Exceed 4×4 outoR679 995

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar/100 000 km-waarborg en 5 jaar/90 000 km-diensplan.

Die kompetisie lyk só:

Ford Everest 2.0SiT XLT 4×2 outo132 kW/420 Nm7,1 ℓ/100 km4 jaar/120 000 km-waarborg

6 jaar/90 000 km-diensplan

R637 800
Isuzu mu-X 3.0TD 4×2 outo130 kW/380 Nm7,3 ℓ/100 km5 jaar/120 000 km-waarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R643 100
Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4×2 outo Epic130 kW/450 Nm8 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km-waarborg

9-dienste-diensplan

R673 200

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Blikkies ·

Daar is net een ding beter as ‘n Pajero, is nog ‘n Pajero….wens ek kan myne inruil vir so nuwe exceed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.