Blitzbuksies op hul beste…

Die Renault Megane RS 300 Trophy. Foto: Verskaf

Die warm luikrugsegment het klomp mededingers. Almal se smaak verskil, en dit hang af wie wat met hom wil maak, maar my gunsteling is dié van hulle wat 100% doelgerig is. Hard, onbeskof en verkieslik handrat.

Ja, ʼn Golf R is een van die vinnigste luikrûe in die werklikheid danksy vierwielaandrywing – maar daar is een motor wat so twee jaar terug my hart geheel en al gesteel het – dis Honda se Civic Type R. Nou praat ek met die manne by Renault, en iemand wie se oordeel ek werklik vertrou, wat al die splinternuwe Renault Megane RS 300 Trophy onder hande gehad het, sê die Renault is beter as die Honda.

Die Renault Megane RS 300 Trophy. Foto: Verskaf

Kyk – Renault het ʼn ryk geskiedenis met motorsport. Ons het in 2005 die eerste Megane RS Trophy gesien … en sedertdien was elkeen ʼn treffer. In ʼn stadium was dit die vinnigste voorwielaangedrewe motor óm die Nürburgring … indrukwekkend.

Die nuwe Trophy bied 221 kW en 400 Nm in die handratmodel, en 420 Nm in die EDC-dubbelkoppelaarratkas. Vierwielstuur is standaard op die Megane en maak dit ʼn uiters ratse rakker. Die voorste ewenaar met beperkteglipfunksie verhoed wieltol, en met baie slim programmering strek ʼn mens omtrent uit ʼn draai. Dis indrukwekkend om te voel.

Die Renault Megane RS 300 Trophy. Foto: Verskaf

Ons gaan binnekort ʼn tydjie kry agter die stuur van die Trophy – en sal dan ʼn indiepteresensie gee oor die ervaring. Daar sal ongelukkig nét sewe Renault Megane RS 300 Trophy’s in die land inkom, so eksklusiwiteit is gewaarborg, maar teen watse prys? Ek wonder of die Golf GTI TCR en Hyundai i30N werklik R100 000 minder motor is as die Renault …? Tyd sal leer.

Die Renault Megané RS 300 Trophy lyk só:

ModelKrag0–100 km/hTopspoedPrys
Renault Megane RS 300 Trophy handrat221 kW/400 Nm5.7 sek260 km/hR774 900
Renault Megane RS 300 Trophy EDC221 kW/420 Nm5.7 sek260 km/hR799 900

Die kompetisie lyk só:

ModelKrag0–100 km/hTopspoedPrys
Volkswagen Golf GTI TCR213 kW/380 Nm5.6 sek264 km/hR669 000
Hyundai i30N202 kW/353 Nm6.1 sek250 km/hR679 900
Audi S3 Quattro Sportback228 kW/400 Nm4.6 sek250 km/h (beperk)R724 189
Honda Civic Type R228 kW/400 Nm5.8 sek272 km/hR741 900
BMW M135i xDrive225 kW/450 Nm4.8 sek250 km/h (beperk)R773 788
Mercedes-AMG A35 4Matic225 kW/400 Nm4.7 sek250 km/hR815 000
Subaru WRX Sti221 kW/407 Nm5.2 sek255 km/hR817 000

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Simon ·

Nou wat op aarde wil sommige motor vervaardigers nog bewys? Hoeveel Kw uit ‘n stuk fossiel aangedrewe meganieka getap kan word voordat die amps, volts en Kv oorvat?

Karlahari ·

Waar kom die amps, volts en kV vandaan?
Fossiel aangedrewe fossielle wat die hele laeveld besoedel as Eksdom se steenkool vretende monsters die dag werk en nie op Kaapstad se noodkrag diesel fossiel vretende turbines moet staatmaak nie…..

Wielspore ·

Daar is nie fossiel aangedrewe kragstasies van ESKOM in die Laeveld, eerder die Hoëveld, Middelburg en Ermelo omgewing. Teen 2026 gaan die meerderheid nuwe motors op die mark EV wees, ek sien uit na die era!

Wielspore ·

Daar bestaan nie so iets soos “die beste voertuig”, dit is eitlik, goed, beter, my keuse.
Lekker ry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.