BMW X4 in September hier

Foto: BMW

Foto: BMW

Nadat die BMW X4 verlede jaar in konsepvorm by die Johannesburgse Internasionale Motorskou ten toon gestel is, is die produksieweergawe pas by die Geneefse motorskou bekend gestel.

Die X4 staan, volgens BMW, bekend as ‘n “Sports Activity Coupé”, en is niks anders as ‘n sportiewe luikrugweergawe van die X3 nie. Dit is ‘n meer kompakte weergawe van die omstrede X6, wat op die X5 gebaseer is.

Daar sal ‘n keuse van vyf enjins beskikbaar wees wanneer die X4 in September hier bekend gestel word. Die 20i en 28i kom met turbo-aangejaadge tweeliterenjins met vier silinders wat onderskeidelik 135kw en 180kw lewer. Die kragtigste petrolmodel is die 35i, met ‘n sessilinderenjin van drie liter wat 225 kw lewer. Daar sal aanvanklik twee modelle met dieselenjins beskikbaar wees, naamlik die 20d en die 30d, met onderskeidelik twee- en drieliterenjins. Slegs die 20d sal met ‘n sesganghandratkas beskikbaar wees, terwyl ‘n outomatiese Steptronic-outomatiese ratkas met agt gange op die res van die reeks standaardtoeusting sal wees. Alle modelle sal vierwielaangedrewe wees.

Die volle spesifikasies en pryse sal later bekend gemaak word. Die X4 is nie die enigste modelreeks wat BMW vanjaar hier bekendstel nie. Die nuutste weergawe van die X5 is aan die begin van die jaar bekend gestel, terwyl die 2-reeks koepee en die 4-reeks afslaankap kort op sy hakke gevolg het. Die nuwe M3 en M4, asook die 2-reeks Active Tourer sal ook later vanjaar hier bekend gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.