Concours dié naweek by Steyn City

(Foto: Verskaf)

Dié naweek sal die land se elegantste veteraanmotors vir die tweede agtereenvolgende jaar by Parkland Residence by Steyn City te sien wees.

Daar sal ʼn verstommende verskeidenheid klassieke asook luukse, moderne motors ten toon gestel word. Concours Suid-Afrika word gereken as die toppunt van elegante style.

Vrydagaand skop die verrigtinge af met die inhuldiging van Graham Duxbury en Basil Green in die SA Hall of Fame. Rolls‑Royce sal hul hele reeks voertuie ten toon stel. “Ons is trots om ons met Concours SA te vereenselwig,” sê Marek Letowt, algemene bestuurder van Rolls-Royce Motor Cars Johannesburg. “Concours het hom vinnig gevestig as dié plek vir ons om met die regte sosiale en sakekennisse kontak te maak.”

Buiten die Dawn, Ghost, Phantom en Wraith sal die splinternuwe Cullinan te siene wees.

(Foto: Verskaf)

McLaren, Aston Martin en Pagani sal te danke aan die Daytona Groep ook verteenwoordig word in die vorm van ʼn McLaren Senna, ʼn paar uitgesoekte Aston Martins en, om die twintigste herdenking van Horacio Pagani se eerste skepping te vier, die Zonda.

Daar is ʼn nuwe kategorie vanjaar by Concours wat Suid-Afrikaanse spesiale modelle sal huldig in die vorm van minstens drie Opel Super Boss’e en ʼn paar raar BMW’s. Daar sal ook twee Ford Perana’s en die ikoniese Alfa GTV6 3.0 te sien wees.

Sondag sal die gesogte Best of Show-prys tydens die prysuitdeling toegeken word.

Concours is beslis ʼn belewenis vir enige motorliefhebber wie se passie pragtige motors, oorspronklik of fantasties gerestoureer, is. Kaartjies sal nie by die hekke beskikbaar wees nie – so bespreek jou kaartjie vooraf hier: www.concourssouthafrica.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.