[Video] Die toekoms is hier – in ʼn Volksie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Daar is min dinge só ikonies soos ʼn ou Volkswagen Kewer of die bekende tweekleur mikrobus: en nou kan jy ook met ʼn elektriese weergawe van dié voertuie ry.

Die maatskappy, Zelectric, in die suide van Kalifornië in die VSA kan jou ou model omtower in ʼn moderne elektriese weergawe – en weg is die kommer dat jy iewers langs die pad gestrand gaan raak wanneer jou enjin onklaar raak!

David Bernardo, uitvoerende hoof van Zelectric, het met Jason Harper van The Verge gesels oor sy maatskappy, gebaseer in San Diego, wat Volkswagens uit die laat 1950’s en 1960’s ombou in elektriese motors.

Die elektriese weergawes kos enigiets tussen $68 000 (ongeveer R1 miljoen) vir ʼn eenvoudige Volksie tot ongeveer $130 000 (ongeveer R2 miljoen) vir ʼn Kombi. Zelectric kan tans slegs sowat 10 voertuie per jaar lewer.

Volgens Bernardo kan die Kewers ʼn spoed van tussen 80 tot 100 myl (128 tot 160 km/h) haal.
Lees die volledige rubriek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jef ·

Ek het die rubriek gelees maar daar staan nerens oor hoe ver mens kan ry met n volle L-ion packs nie.
Die top snelhede word wel genoem.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jef

Daar word baie meer inligting in die video bekend gemaak. Die afstand met die Kewer is ongeveer 130 – 160 km en ongeveer 100 km met die Kombi.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jef ·

Baie dankie Sune vir die inligting, ek sal in die vervolg die rubrieke beter lees , my fout sorry.

GES ·

Puik idee. Nog nie bekostigbaar in hierdie staduim nie maar as die R/$ verhouding eendag gaan verbeter sal die prentjie anders lyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.