Finaliste vir motor van die jaar bekend

Die 14 finaliste vir AutoTrader Suid-Afrikaanse Motor van die Jaar-titel vir 2020 is bekendgemaak.

In 2020 se Motor van die Jaar-kompetisie sal 14 mededingers in sewe kategorieë sake uitspook vir die gesogte titel. Die kategorieë is: gesin, ontspanning, leefstyl, luuks, luukse sportnuts, sport en stad.

Die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste se Motor van die Jaar-kompetisie word al sedert 1986 aangebied. Die suksesvolste handelsmerk in dié kompetisie is BMW met ses wenners oor die afgelope jare, gevolg deur Opel en Porsche, elkeen met vier wenners, en dán Volkswagen en Audi wat elkeen al drie keer met die louere weggestap het.

Toyota staan ʼn sterk kans vir die titel met drie mededingers in 2020 se kompetisie. Hulle het laas in 1989 gewen met die Corolla GLi Executive. BMW het twee mededingers en ís die suksesvolste handelsmerk wat dié kompetisie aanbetref – so hul kanse is goed.

Die 14 mededingers sal in Maart 2020 deur 27 motorjoernaliste, wat lede is van die Suid-Afrikaanse Gilde vir Motorjoernaliste, geëvalueer word. Lede van die publiek kan ook stem by https://www.autotradercoty.co.za/ en dié stemme sal tel as die 28ste jurielid. Hierna sal die algehele wenner aangekondig word.

Ontspanning:

Peugeot 5008, Toyota Rav4, Citroën C3 Aircross en die Volkswagen T-Cross.

Luukse sportnuts:

BMW X5, Jaguar i-PACE en die Mercedes-Benz GLE.

Stad:

Hyundai Atos en Suzuki Swift Sport.

Gesin:

Toyota Corolla en Mazda 3.

Luuks:

BMW 3-reeks

Die BMW 3-reeks. Foto: Verskaf

Sport:

Toyota GR Supra

Toyota GR Supra. Foto: Verskaf

Leefstyl:

Ford Ranger Raptor

Ford Ranger Raptor. Foto: Verskaf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dewald ·

Wat presies is “leefstyl”? Is dit nou ouens wat n 4×4 koop, maar dan te jammer is om die voertuig te krap en hom maar net heeltyd op teerpad ry? Wannabe’s m.a.w.?

Vonkprop ·

Dit is outjies wat hulle leefstyl moet aanpas om die paaiemente te kan bekostig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.