Ford bevorder padveiligheid in 2019

Foto: Verskaf

“Dit is welbekend dat Suid-Afrika van die meeste padongelukke, -beserings en -sterftes ter wêreld het. Volgens die AA sterf daar jaarliks 14 000 mense op ons paaie.”

Aan die woord is Neale Hill, besturende direkteur van die Ford Motor Company Sub-Saharan Africa (FMCSA). “Gedurende die tydperk van 1 Desember 2018 tot 8 Januarie 2019 het 1 612 mense op ons paaie gesterf. Dit is akkuraat deur die minister van vervoer, Blade Nzimande, beskryf as ʼn nasionale ramp.”

Om die boodskap van padveiligheid te versterk het die media ʼn geleentheid by die Zwartkops-renbaan bygewoon waar Ford van sy produkte gebruik het om aandag te gee aan verskeie veiligheidsaspekte. Van dié aspekte is die identifisering van gevaar, voertuigbeheer, ruimte- en spoedbeheer asook aspekte wat konsentrasie aflei en verswak.

Foto: Verskaf

Een van die hoofoorsake is dronkbestuur. Alkohol het ʼn reuse-impak op konsentrasie, bewustheid, diepte persepsie, periferale visie, reaksietyd en refleks. Die “Driving Skills for Life”-span maak gebruik van sogenaamde “drunk goggles” om die invloed van alkohol te beklemtoon.

Ford het die “Driving Skills for Life”-program in 2010 van stapel gestuur. Dit is in nóg sewe markte in Afrika suid van die Sahara bekendgestel, naamlik Nigerië, Angola, Kenia, Uganda, Zambië, Zimbabwe en Madagaskar. Tot op hede is meer as 3 800 bestuurders deur die DSFL-kursus opgelei wat gratis beskikbaar is vir enigiemand met ʼn geldige bestuurslisensie.

Foto: Verskaf

ʼn Skrikwekkende deel van die kursus is die kapingveiligheidselement. ʼn Demonstrasie van hoe ʼn mens moet probeer reageer om jou veiligheid te verseker in ʼn kaping maak heeltemal sin, maar min mense sal ooit aan die klein dingetjies gedink het wat moontlik die situasie kan ontlont en jou veiligheid kan verseker.

ʼn Waardevolle element van die kursus is ʼn ekonomiese bestuurstylelement waar bestuurders opgelei word hoe om ekonomies te ry en effektiewe maniere hoe om brandstofverbruik te verminder.

Vir meer inligting oor die kursus, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Judge Dredd ·

Maak julle Fords minder brand – Dit sal ook padveiligheid bevorder.

Johan ·

Die Pretoria-kursus WAS al die 15e gewees, so wat is die nut van die berig?

Brendon ·

Dagsê Johan,

Baie dankie vir jou kommentaar. Daar is voortdurend nuwe datums wat geskeduleer word. Indien jy in ‘n datum belangstel in Pretoria, stuur gerus vir [email protected] ‘n epos.

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

IK ·

Die kursus behoort nogal heel interessant te wees siende dat ek reeds meer as 58 jaar op ons paaie oorleef sonder ‘n ongeluk. K53 is ‘n sirkus om die minste daarvan te sê. Ek was nog ‘opgelei’ deur gebruik te maak van ‘Die Padkode van Suid-Afrika’ gedruk in die tyd toe R. Stuttaford minister van binnelandse sake was. Dit was so ongeveer die jaar nul. O ja, die boekie het EEN pennie oftewel een sent gekos. Wat probeer ek sê: Kry die gesindheid reg van die persoon agter die stuur en beter blootstelling aan opleiding onder ALLE pad- en weerstoestande. ‘n Bestuurslisensie is ‘n voorreg en beslis nie ‘n reg om jouself toe te eien. Ek het op die platteland my leerlinglisensie gehad vir ‘n volle AGT dae. Wat geweldig in my guns getel het was my vader se opleiding en ook sy padgedrag. Natuurlik ook aan die destydse SCC (Sports Car Club, Springs) behoort en aan tydrenne deelgeneem. Niks kom by ‘practice makes perfect’ en dis dieselfde wat gaan gebeur met my kleinseun wat aan die vooraand staan van sy lisensie.

Chris Ws ·

Wat ek weet is sover dit die verbetering van jou voertuig se brandstof verbruik betref is hou by die aangeduide spoedgrens en jou voertuig sal skielik vir meeste mense BAIE ligter op brandstof wees!Almal jaag deesdae en voel vere vir brandstof verbruik.Dis goed die brnadstof prys gaan in Maart EN April styg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.