Ford maak pryse van nuwe uitgebreide Everest-reeks bekend

Die Ford Everest-reeks (Foto: Ford)

Die Ford Everest-reeks (Foto: Ford)

Maroela Media het 5 Oktober berig dat plaaslike produksie van die Ford Everest begin het. Ons kan vandag die individuele modelle se pryse bekendmaak.

Die welkome byvoeging van die 2.2 TDCi Duratorq-enjin stel die Everest beskikbaar teen ʼn baie meer bekostigbare prys van R453 900 vir die intreevlak 2.2TDCi XLS 4×2 handrat.

Die 2.2 liter dieselenjin bied 118kW teen 3 700 r/min en 385 Nm wringkrag tussen 1500 en 2 500 r/min. Dié Ford se dieselverbruik is so laag as 6,9 ℓ/100 km op die 4×2 handrat modelle, 7,1 ℓ/100 km op die 4×4 handrat en 7,3 ℓ/100 km op die 4×2 outomaties. Die 3.2 TDCi bied 8,2 ℓ/100 km deur die bank, sê Ford.

Die Ford Everest-reeks (Foto: Ford)

Die Ford Everest-reeks (Foto: Ford)

Die XLS kom met 17”-sierwiele, die XLT met 18”- en die reeksbaas 3.2 TDCi LIMITED met 20”-tekkies en 225 mm grondvryhoogte deur die bank. XLS-modelle geniet Ford SYNC1 klankstelsels met 4” raakskerm, 8 luidsprekers, USB, AUX, Bluetooth en stembeheer. XLT-modelle kry ʼn splinternuwe Ford SYNC3 stelsel met ʼn 8”raakskerm, 10 luisprekers, twee USB-poorte, Bluetooth en stembeheer. Die hele reeks is met ʼn truratkamera en PDC toegerus.

Die Everest-reeks word gedek deur ʼn vyf jaar/ 100 000 km diensplan en word vir vier jaar/ 120 000km waarborg. Diensintervalle is elke 20 000 km.

Die Ford Everest-reeks (Foto: Ford)

Die Ford Everest-reeks (Foto: Ford)

Ek is opgewonde oor hierdie sportnutsvoertuig en sien daarna uit om verslag te kan gee oor sy ritgehalte, werkverrigting en padhouvermoë. Net jammer die intreemodelle is so te sê presies dieselfde geprys as Toyota se Fortuner.

Ford het wel nou die 2.2 TDCi XLS 4×4 handrat waar die Fortuner 2.4 GD-6 nie ʼn 4×4 model het nie. Interessant.

  • EVEREST 2.2TDCI XLS 6MT 4X2 SUV – R453 900
  • EVEREST 2.2TDCI XLS 6AT 4X2 SUV – R470 900
  • EVEREST 2.2TDCI XLS 6MT 4X4 SUV – R529 900
  • EVEREST 2.2TDCI XLT 6MT 4X2 SUV – R478 900
  • EVEREST 2.2TDCI XLT 6AT 4X2 SUV – R495 900
  • EVEREST 3.2TDCI XLT 6AT 4X2 SUV – R554 900
  • EVEREST 3.2TDCI XLT 6AT 4X4 SUV – R634 900
  • EVEREST 3.2TDCI LIMITED 6AT 4X4 SUV – R698 900

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Basson ·

Jip – TSA sal 2.4 4×4 moet uitbring! (Dis wel oorsee beskikbaar)
Dankie vir kompetisie in die marksektor, ek sien juis Ranger het meer verkoop as Hilux in Okt :)

Gerd Lourens ·

Totsiens Fortuner, welkom Everest!

Die “Moose” toets het my baie versigtig gemaak vir die Hilux en Fortuner.

Danna ·

Dink one most one eie “moose test” doen. Met n gronpad toets en teerpad toets wat one noem die vlakvark toets

Bertus ·

Sal werk. Wie kan dit doen? Ons soek hierdie padhouvermoë toetse…

Bertus ·

Is daar nie n tydskrif of instamsie Wat hierdie toetse in SA kan doen nie? Verbruik syfers en gewone ry is nie aanduidings van die motor se padvermoë nie. Dalk bakkies en ‘SUV’ op n baan toets?

Terence ·

Die nuwe Ford Everest lyk of hy uit die 90’s kom. Die Fortuner lyk baie meer modern en is lyk my oorsee die “favourite” een.
Kyk net hierna :
https://youtu.be/W8FifVuiDTE
En die opmerking op ‘n SA 4×4 site is meer in die kol :
Is it fair to compare the Fortuner to the Everest as they are not in the same league? Should it not rather be “Prado or Everest”
http://www.caradvice.com.au/375821/f…-chief-claims/

JOHN COX ·

Die nuwe Fortuner is great , maar TOYOTA het nie veel na die tafel gebring met die nuwe HILUX . Ek dink die RANGER gaan beter verkoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.