Ford-motoraanleg: R3-miljard in Port-Elizabeth belê

DIe nuwe Ford Ranger Raptor (Foto: Verskaf)

Later vanjaar, in die laaste kwartaal, word begin met die vervaardiging van agt nuwe weergawes van Ford se Duratorq TDCi-enjin in die opgeknapte 3 868 m2 gedeelte in die Struandale-fabriek in Port-Elizabeth. Die merkwaardigste ontvangers vir van dié nuwe enjins sal die nuwe Ford Ranger Raptor wees wanneer dié modelle volgende jaar bekendgestel word.

Jacques Brent, president van Ford Midde-Ooste en Afrika, sê dat die kapasiteit van die vervaardiging van die huidige Duratorq-enjin wat tans in die Ranger- en Everest-modelle gebruik word, sal terselfdertyd verhoog word. Die nuwe lyn sal ʼn kapasiteit van 120 000 enjins per jaar hê.

Die nuwe kapasiteit beteken dat Ford Italië, Turkye en Rusland nou kliënte van die Struandale-fabriek sal word. Met die 22 nuwe weergawes sal die fabriek ʼn totaal van 56 verskeie weergawes van die 2,2 Duratorq-enjin bou vir verskeie markte reg oor die wêreld.

Brent voeg by dat dié belegging Ford Suid-Afrika se posisie in die wêreldwye Ford-stelsel bevestig en ook sy toewyding tot die bevordering van die plaaslike motormark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Ford ,VW en ander vervaardigers brei uit.General Motors ontrek uit die land uit.Dit spreek boekdele!Chev kon dit eenvoudig meer in die’ land nie maak nie.

Karooboer ·

Ek’t alreeds die Ford Raptor bekyk. Daar is ‘n paar hierheen ingevoer. Dit gaan beslis die reeds bekende Toyota LandCruiser en Nissan Patrol opdraand gee.

Eish ·

Verseker! Veral as dit uitkom met n brandblusser as standaard.

Basson ·

Toe die 2.0 Amarok bekendgestel is, het veral Ford en Toyota ondersteuners baie smalend verwys na die ‘melkbottel’, maar nou dat die Ford Raptor in 2 lt verpakking gaan uitkom is die stilte voelbaar? ?

Piet Pompies ·

Nog ‘n belegging in ons land, nog ‘n stap van vertroue in ons land.

Richard ·

Die Ford Duratorq TDCi-enjins is ‘n uitvloeisel van Ford se samewerking met Peugeot. Die ontwerp van die enjin is eintlik oorspronklik ‘n Peugeot-ontwerp, die DW-enjin. Wonder hoeveel Ford-manne sal wil sê hulle ry ‘n bakkie met ‘n Franse enjin?

Om die “Raptor”-naam op ‘n Ranger met ‘n 2.0 dieselenjin te plak, klink net verkeerd… Die Ford F150 Raptor in die VSA het ‘n twin-turbo 3.5 petrol V6 wat 450 perdekrag en 691 Nm wringkrag uitskop. Dit teenoor die Australiese Ranger Raptor met die 2.0-dieselenjin se 210 perdekrag en 500 Nm wringkrag.
Ek is seker die Ranger Raptor sal wel vet pret wees om te bestuur, veral iewers waar mens net in die sand of modder kan rondspeel, maar teenoor die F150 Raptor is dit eerder ‘n spreeu, nie ‘n valk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.