[Foto’s] Bekendstelling: Hilux én Fortuner brei uit

Die nuwe Toyota Fortuner (Foto: Toyota)

Die Toyota Hilux en Fortuner is stapelmodelle vir Toyota. Daarom kyk hulle gedurig na hul aanbieding en probeer hul kliënte presies bied wat daarvoor hulle vra. So het Toyota ses nuwe outomatiese Hilux-modelle tot sy stal bygevoeg.

Die nuwe outo-modelle is:

  • 2.4 GD-6 4×4 SRX enkelkajuit
  • 2.8 GD-6 Raider enkelkajuit
  • 2.8 GD-6 4×4 Raider enkelkajuit
  • 2.8 GD-6 Raider Xtra-kajuit
  • 2.8 GD-6 4×4 Raider Xtra-kajuit
  • 2.4 GD-6 4×4 SRX dubbelkajuit

Die nuwe Toyota Hilux (Foto: Toyota)

Op alle Raider-modelle is die middel-konsole nou met leer oorgetrek in plaas van lap. Alle modelle se armleunings is nou met PVC oorgetrek om dit meer duursaam te maak. Raider-modelle kry nou LED-hoof- en -misligte. Daar is boonop die mooier 18” Sporty-allooiwiele op die Raider-modelle. SRX en enkelkajuit Raider-modelle is nou veiliger met VSC (Vehicle Stability Control) en HAC (Hill Start Assist Control) asook TSC (Trailer Sway Control). Nuwe Raider-modelle is toegerus met ʼn 220V- tweepuntprop vir goed soos skootrekenaars of yskaste.

Toyota het in die 2017 Kinsey-verslag die eerste posisie ingeneem vir die goedkoopste dubbelkajuit om te onderhou. Dié onderdele-mandjie se totale koste is R67 066 en 13,19% van die voertuig se prys, teenoor 13,48% op Navara, 17,04% of Isuzu KB en 20,18% op Ranger.

Aan die Fortuner-produk is daar minder opkikkerings en slegs een model bygevoeg, die 2.4 GD-6 4×4 outo, terwyl die 4.0 V6 4×2-model verwyder is. Intreevlak-Fortuners is veiliger gelaat met die byvoeging van kant- en gordynlugsakke op die 2.7- en 2.4-modelle. Die 2.8-modelle het nou ʼn elektriese kattebak-deur, en die 2.8- en 4.0-modelle het nou LED-mis- en -hoofligte en dieselfde 220V-tweepuntprop as sy Hilux-maats.

Die nuwe Toyota Fortuner (Foto: Toyota)

Fortuner vaar net so sterk in die Kinsey-verslag in eerste plek met ʼn onderdele-mandjie van R84 992, 15,25% van die totale voertuig koste. In tweede plek is die ingevoerde Rav4 produk, 26,75% en R115 293, dan Kia se Sportage met 30,23% en R117 148. die vierde plek is ingeneem deur Hyundai se Tucson met R129 263 en 32,32%.

Op die pad voel die dubbelkajuit Hilux presies soos die handrat Hilux Black wat ons onlangs getoets het. Ons het die Prins Alfred-pas aangedurf in die Hilux. Met stortreën op plekke en bande wat heeltemal te hard gepomp was, het dit interessant geraak. Mense, maak nie saak met watter voertuig jy ry nie – as jy grondpaaie gaan aandurf, blaas jou wiele af tot ten minste 1,8 bar, en nog laer indien die pad baie sleg is. Die sagter band absorbeer baie van die sinkplaat sonder dat die kar se vering naderhand nie meer kan byhou nie.

Die 2.4 GD-6 4×4 outo- Fortuner is nou my gunsteling Fortuner. Die 2,4-masjien bied oorgenoeg krag met 110 kW en 400 Nm en die effe korter finale verhouding maak die ratkas beter as in die 2,8 na my smaak. Hy gaan makliker teen so 100 km/h in sesde rat en spring nie so maklik terug nie. Die wind het stormsterk gewaai so die brandstofverbruiksyfers wat gehandhaaf is bied geensins ʼn realistiese syfer nie.

Die nuwe Toyota Hilux (Foto: Toyota)

Op die duineroete net buite George het die Fortuner my nog verder beïndruk. Banddruk is verlaag tot 1 bar, 4×4 en laestrek gekies, trekkragbeheer afgeskakel en die Fortuner maak kinderspeletjies van die sand. Die Fortuner se klasleidende 27 9mm grondvryhoogte verseker ook dat die Fortuner nie een keer sy pens gesleep het nie, al het ons in redelike diep spore gery met kruisas-situasies.

Is daar enige probleme? Met die Hilux-produk, nee. Ek hou van die reeks, al het ons met die 2,8 4×4-handrat gery op dié geleentheid glo ek steeds die 2,4 SRX 4×4-handrat is die een wat ek sou koop. Met die Fortuner-produk het ek net een klagte. Die bruin leer teen die swart panele werk vir my glad nie. Toyota het so mooi reggekom met die swart binneruim van die vorige Fortuner aan die einde van sy lewensiklus. Ek hoop regtig ons hoef nie so lank te wag vir ʼn swart binneruim op die huidige model nie.

Met die byvoeging van dié strategiese modelle, teen die pryse wat hulle beskikbaar gestel word sien ek opdraande pad vir die mededingers.

Die reekse lyk só:

Hilux:

ModelPrys
Enkelkajuit
Hilux SC 2.0 VVTi 5MTR 243 200
Hilux SC 2.0 VVTi 5MT A/CR 251 100
Hilux SC 2.7 VVTi RB SRXR 344 600
Hilux SC 2.4 GD 5MTR 276 200
Hilux SC 2.4 GD 5MT A/CR284 100
Hilux SC 2.4 GD-6 RB SRX 6MTR 355 300
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6MTR 419 200
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6AT (Nuut)R 436 800
Hilux SC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6MTR 418 100
Hilux SC 2.4 GD-6 4×4 SR 6MTR 407 300
Hilux SC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6MTR 479 800
Hilux SC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6AT (Nuut)R 497 400
Hilux SC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6AT (Nuut)R 435 700

 

ModelPrys
Xtra-kajuit
Hilux XC 2.4 GD-6 RB SRX 6MTR 365 300
Hilux XC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6MTR 444 700
Hilux XC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6AT (Nuut)R 462 200
Hilux XC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6MTR 508 200
Hilux XC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6AT (Nuut)R 525 800

 

ModelPrys
Dubbelkajuit
Hilux DC 2.7 VVTi RB SRX 5MTR 394 700
Hilux DC 4.0 V6 4×4 RAIDER AT 6ATR 638 700
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6MTR 478 100
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SRX 6AT (Nuut)R 495 700
Hilux DC 2.4 GD-6 RB SRX 6MTR 442 700
Hilux DC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6MTR 506 200
Hilux DC 2.8 GD-6 RB RAIDER 6ATR 524 100
Hilux DC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6MTR 570 700
Hilux DC 2.8 GD-6 4×4 RAIDER 6ATR 589 800
Hilux DC 2.4 GD-6 4×4 SR 6MTR 465 400

Fortuner:

ModelPrys
Fortuner 2.4 GD-6 RB 6MTR 462,900
Fortuner 2.4 GD-6 RB 6ATR 480,900
Fortuner 2.4 GD-6 4×4 6AT (Nuut)R 506,000
Fortuner 2.7 VVTi RB 6ATR 444,500
Fortuner 2.8 GD-6 RB 6MTR 552,900
Fortuner 2.8 GD-6 4×4 6MTR 614,400
Fortuner 2.8 GD-6 RB 6ATR 571,800
Fortuner 2.8 GD-6 4×4 6ATR 633,500
Fortuner 4.0 V6 4×4 6ATR 675,600

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.