[Foto’s] Bekendstelling: Hilux is die nuwe swart

Die nuwe Toyota Hilux Raider Black (Foto: Toyota)

Ek’t sopas ‘n uitweg gekry vir diegene wat Ford Rangers ry wat heimlik ʼn Hilux begeer. Henry Ford het gesê: “Jy kan enige iets hê – solank dit swart is.” Ahem. Welkom almal, aan die nuwe Toyota Hilux Raider Black.

Daar is ‘n woeste oorlog aan die gang in Suid-Afrika. Ons is bitter lief vir ons bakkies, en Toyota het besluit hulle gaan die lewe nog so effens moeiliker maak vir ons. Hulle het die Hilux sopas visueel ʼn rapsie opgekikker.

Die beperkte weergawe kry:

  • Swart sierrooster
  • Swart bufferinsetsel
  • Kleurgepaste skermstroke vir die wielnisse
  • Kleurgepaste deurhandvatsels
  • Kleurgepaste deurspieëls
  • 18” tweelingdriespeek-sierwiele
  • Swart dakverf
  • Swart stileringstaaf agter
  • Swart bakseil
  • Swart leerbekleedsel met silwer stikwerk
  • Elektries verstelbare bestuurdersitplek
  • Koolstofvesel-paneelinsetsels

Die Black-weergawe van die Hilux is beperk tot 50% van sy produksie vanaf Julie tot September. Die Hilux Black is so gewild, die eerste voorraad wat uit die fabriek gekom het is reeds uitverkoop.

Behalwe die bogenoemde opkikkerings is die Black ’n gewone Hilux. Daar is vier modelle beskikbaar:

Hilux Raider Black 2.8 GD-6 handratR521 100
Hilux Raider Black 2.8 GD-6 outoR538 900
Hilux Raider Black 2.8 GD-6 4×4 handratR585 300
Hilux Raider Black 2.8 GD-6 4×4 outoR604 300

Die 2.8 GD-6-enjin bied 130 kW en 420 Nm op die handrat en 450 Nm op die outo. Standaardspesifikasievlakke sluit in klimaatbeheer, spoedbeheer, Bluetooth, opdraande-wegtrekhulp, outomatiese ligte en sewe lugsakke. Die 4×4-modelle geniet elektriese 4×4-koppeling en afdraandebeheer.

Ons het voorheen die Hilux getoets. Dit was die outomatiese weergawe en ek moet bieg, ek het die handrat-weergawe meer geniet. Die 2.8-enjin se wringkrag is so laag in die toerestrek beskikbaar dat ’n mens amper nooit aan die kierie hoef te roei om krag te soek nie. Die handrat-weergawe is ook baie ligter op brandstof as die outo wat ons getoets het. Ek het nou 8.3 ℓ/100 km gehandhaaf.

Ek gaan die Hilux so opsom: Dit is ‘n lieflike bakkie. In 2017 loop hy nog voor in die bakkie-oorlog met oor die 600 eenhede teen die Ranger. As jy in die mark is vir ‘n bakkie, en jy kan dit bekostig – toetsbestuur gerus ‘n Hilux, maar neem jou tjekboek saam – jy gaan hom nie daar wil los nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johan ·

Die artikel verwys na die Toyota Hilux en nie ‘n bakkie nie, dis iets waaruit ‘n troeteldier eet.

Hhhmmffff ·

Sjoe jy is oorspronklik!! Get with the times of moenie die artikels lees nie! Bakkies is ‘n bakkie is ‘n bakkie!!!

Jannie Human ·

Dit is die rede hoekom ek al die jare toyota ry bou n onvernietigbare onderstel en engin en bedek dit met n aantrklikke bakwerk en siendaar daar het jy n toyota
Mooi so toyota

DW ·

En as hy breek praat ons nie daaroor nie ! Want hulle breek mos nie net laaaaaaang dienste !
Of brandstof verbryk ?
Of as ‘n Ford jou pak gee op ‘n bult nie ne
Lekker toyota

Rolux ·

Daar is geen probleem met die hiluxe wat so rol nie. Hulle tan net.
Dis altyd swak bestuurders se skuld. Lyk my elke tweede ou wat ‘n hilux ry is ‘n swak bestuurder

Zatopek ·

Ag shame die swart verf gaan seker help dat dit nie omval as mens moet uitswaai vir iets in die pad nie?? Tyd vir ‘n Moose Test , kyk of die swart verf help?

Johan ·

Brendon ……nee dis Hilux bestuurders wat Rangers begeer……dis net Toyota wat met Ford se raptor wil meeding……

Henriët ·

Nee dankie! Al word hy nou nog 100 maal “oorgedoen” om soos ‘n Ford/Mazda/nog iets te lyk, hulle het GEEN WAARBORG nie en hul onderstelle breek aanhoudend. #geenwaarborgtoyota #blywegvangrondpaaie

TM ·

Nog steeds vrek lelik. Dit lyk of hulle op die laaste oomblik besef het hulle moet ‘n onderstel met wiele aan die bakwerk heg. Iets lyk nie reg nie. En ook nie meer die beste bakkie as dit by verrigting kom nie. Was eens op ‘n tyd tops maar nie meer nie.

Grens ·

Mooi Toyota, die Hilux lyk sommer tops. Geen wonder Toyota het weer die voortou geneem met die verkope. Ek gaan my ou Hilux wat nou so oor die 240 000 (probleem vrye) kilometers, een van die dae op die nuwe een inruil. ‘n Stuk brandende geen inruil waarde Ford kom nie op my werf nie, dankie!!

zack ·

Grens
So verskil die mense en hulle mening. Ek het my familie weer te lief om met hulle lewens te dobbel in ‘n Hilux wat ‘n reputasie opgebou het van rol en mense doodmaak. Ek praat nie eers daarvan dat hulle ge hijack word nie.

Grens ·

Zack,
Wonder waar jy daai statisiek vandaan kry. Ek ry so tussen 5000km tot 7000km /maand (Teer en grondpad) en ry gereeld ongelukke raak. Wat ek wel sien is alle fabrikate wat rol, van die duurste en veiligste tot die kleinste en goedkoopste voertuie. Ek en my gesin het nog nooit gevoel dat die bakkie enige snaakse maniere het vir omval nie!!

Zack ·

Grens
Lees weer my mail. “Reputasie van rol”
Jy het spottend na Kugas verwys wat brand met reg want hulle het ‘n reputasie van brand. Dieselfde met Hiluxe wat rol.

Om eerlik te wees is die Hilux mooi maar wat my afsit is die hoee diefstal wat hand en hand loop met hoee versekerings premies.

Veilige Km’s vir jou en geniet jou bakkie.

Johannes van Staden ·

Proof is in the sales …niks verder nodig om te se .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.