[Foto’s] Die Fiat Tipo kom SA toe

Die Fiat Tipo (Foto: Fiat)

Die Fiat Tipo (Foto: Fiat)

Die Fiat Tipo, wat onlangs ʼn wêreldtoer in 133 dae suksesvol voltooi het, is op pad na Suid-Afrika.

Die standaard-spesifikasie Tipo het die asemrowende 41 000km in 133 dae voltooi. Dit is dieselfde as die afstand om die ewenaar. Die indrukwekkende avontuur is deur 22 lande en 122 stede met die joernalis Okan Altan aan die stuur.

Die Tipo is sonder enige veranderings van die fabriek in Bursa, Turkye, deur Griekeland, Bulgarye, Roemenië, Oekraïne en daarna Rusland. Okan het in Rusland langs die wêreldberoemde Trans-Siberiese spoorlyn gery vir 11 ure per dag, agt dae lank.

Nadat hy deur Rusland gery het, is die Tipo op ʼn skip gesit na Japan – rigting, Mexico. Maar so ʼn avontuur sou nie volledig gewees het sonder ʼn ramp nie. Okan moes 11 dae wag voordat hy in Noord-Amerika kon land.

Die ekspedisie het 40 dae aan boord van ʼn skip ingesluit om die Atlantiese Oseaan tussen Mexico en die VK oor te steek. Van Engeland het die Fiat deur nog 14 Europese lande gery, wat Nederland, Duitsland, Frankryk, Switzerland, Oostenryk en Italië ingesluit het.

Die Fiat Tipo het na sy wêreldtoer teruggekeer na sy tuiste in Bursa. Na 400 uur agter die stuur, het Okan gesê die Tipo is betroubaar onder alle omstandighede. Die Tipo het verskeie paaie en klimate trotseer en Fiat is trots op sy Tipo en die 2 000 ingenieurs wat daaraan gewerk het.

Die Tipo sal in Mei vanjaar in Suid-Afrika vrygestel word. Jy sal kan kies uit 1.3, 1.4 en 1.6 liter-enjins en handrat of outomatiese ratkaste.

Ons is nuuskierig om te sien of Fiat die Tipo teen ʼn goeie prys kan invoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

a ·

Dis maar 310km per dag. nie so erg nie. verstaan dus nie die klop op Fiat se eie skouers nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.