[Foto’s] Dié is Pirelli se motorfiets van die jaar

Die KTM-1290R is die motorfiets van die jaar (Foto: KTM)

Die 2017 Pirelli Motorfiets van die jaar-kompetisie het die afgelope naweek, 8 en 9 September, plaasgevind. Elke vervaardiger kon hul nuwe modelle nomineer, en die kriteria was dat dit nuwe modelle moes wees. Gelukkig was dit ʼn propvol jaar vir vervaardigers, en die beoordeelaars moes die lys verfyn na dié 16 finaliste.

Ná deeglike toetse het die kopkrap begin en die uiteindelike wenner is Maandagaand bekend gemaak. Die 2017 Pirelli Motorfiets van die jaar is die KTM 1290 R Super Adventure! Hierdie fiets het die doelpale behoorlik verskuif.

Die finaliste was:

  1. 1. Honda FirebladeSuzuki GSX-R 1000.
  2. BMW G310R.
  3. BMW R1200 GS Rallye.
  4. KTM 1290 R Super Adventure
  5. KTM 1090 Adventure R
  6. Kawasaki Z900.
  7. Kawasaki Z1000 SX.
  8. Kawasaki Versys X-300.
  9. Ducati MultiStrada 950
  10. Suzuki SV 650.
  11. Ducati Supersport.
  12. Yamaha R6
  13. Indian Scout 60
  14. Harley Davidson Street Rod 750
  15. Triumph Street Scrambler.

StreetRod 750 (Foto: StreetRod)

In 2015 het die magtige Kawasaki H2 die kroon gedra, en in 2016 was dit die beurt van die Triumph Thruxton R. Omdat daar elke jaar so ’n wye verskeidenheid fietse is, word al die motorfietse nie teen mekaar gemeet nie, maar elke fiets word op sy eie beoordeel binne die segment waar hy deelneem. Dit sal darem onregverdig wees om byvoorbeeld BMW se kleine 310 te vergelyk met die Ducati Supersport. Die beoordelaars het so ’n paar riglyne waarvolgens hulle die fietse moes beoordeel. Die tipe vrae wat elke beoordelaar moes beantwoord om die speelveld gelyk te maak, was vrae soos:

  • Het hierdie fiets die kategorie positief beïnvloed?
  • Is dit anders as was jy van die vervaardiger sou verwag?
  • Is die prys kompeterend?
  • Is die fiets toeganklik vir alledaagse ryers?

Ducati 950 Multistrada (Foto: Ducati)

Die 2016-beoordeling is in die Sabie-omgewing gehou en twee beoordelaars is weens die onvoorspelbare omgewing beseer. Om hierdie rede is die beoordeling hierdie jaar by Gerotek gedoen, waar hulle net op die fietse kon fokus en nie nodig gehad het om hulle oor voertuie, voetgangers en skielike oliekolle te bekommer nie.

Baie geluk, KTM, met ’n welverdiende oorwinning!

Nou moet ek kyk of ek hierdie fiets op my toetsskedule kan kry.

Die Yamaha R6 (Foto: Yamaha)

Versys X300 (Foto: Brian Cheyne)

Triumph Scrambler (Foto: Brian Cheyne)

SV650-5 (Foto: Brian Cheyne)

Die Suzuki-8 (Foto: Brian Cheyne)

Die Supersport-16 (Foto: Brian Cheyne)

Kawasaki Z900 (Foto: Brian Cheyne)

Die G310R (Foto: Brian Cheyne)

Die BMW-1200GS (Foto: BMW)

Die KTM-1290R (Foto: KTM)

Die KTM Adventure R-07 (Foto: KTM)

 

Z1000ZX (Foto: Brian Cheyne)

Die Indian Scout Sixty (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.