[Foto’s en video] Só lyk ʼn motor ná ’n hoëspoed-botsing

ʼn Ongeluk in 2015 waarin vier mense oorlede is (Foto: ER24/Accidents)

Wanneer jy jaag en roekeloos bestuur, is jou voertuig ʼn dodelike gevaar wat die lewens van elkeen wat die pad met jou deel, bedreig.

Spoed beperk immers nie net jou vermoë om veilig om draaie en ander voorwerpe in die pad te stuur nie, maar beperk ook die hoeveelheid tyd wat jy het om te reageer in ʼn lewensgevaarlike situasie – iets wat jou kanse op ʼn noodlottige botsing verhoog.

Volgens Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, is nagenoeg 1 670 motoriste tussen 2014 en 2016 in hegtenis geneem omdat hulle die spoedgrens oorskry het.

Minstens 667 van dié motoriste het teen ʼn spoed van meer as 160 km per uur gejaag. Minnaar sê verder onwettige straatrenne is ook ʼn groot probleem.

“Stewige boetes is een ding, maar indien jy die spoedgrens met meer as 40 km per uur oorskry, sal jy op die plek in hegtenis geneem word,” verduidelik hy. “Afhangend van die erns van jou oortreding, kan jy boetes van tot R20 000 opgelê word of tyd agter tralies spandeer.”

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is die kans op noodlottige gevolge tot 20 keer hoër in ʼn botsing met ʼn impakspoed van 80 km per uur, as in ʼn botsing met ʼn impakspoed van 30 km per uur.

Die gewilde motorreeks Fifth Gear het onlangs ʼn video op sosiale media gedeel wat die verwoestende impak van ʼn botsing wat teen 193 km per uur plaasvind, wys.

Dawid Botha, woordvoerder van Virseker, sê selfs top-veiligheidsstelsels in motors is nie genoeg om ʼn insittende te beskerm nie. “Terwyl moderne voertuie baie indrukwekkende veiligheidskenmerke het, maak dit bitter min verskil teen ʼn hoër spoed,” sê Botha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Arsène Lupin ·

MM moet eintlik wys hoe lyk die liggame wat uit hierdie wrakke verwyder is – dit sal ‘n wake-up wees vir die wat so wil jaag.

Marina ·

Arsene Lupin ongelukkig nie vir “sekere” mense nie want hulle dink niks kan hulle oorkom nie

Ronel ·

Jy bedoel seker dit wat oor is van die liggame. As die voertuie so lyk, reken ek die liggame lyk bietjie erger! Nou moet ek ook noem dat dit nie net spoed is wat doodmaak nie. Mense wat voortkarring teen 60km/u op die snelweg is net so groot gevaar??

Theresa ·

Skrikwekkend hoe min mense van hul eie en ander se lewens en besittings dink. Daagliks soveel van wille wragtags op die pad – selfs wanneer uit die kerkgronde uit ry. Gedaante verwisselings van mooi sit en luister in goeie atmosfeer en dan boem! vlieg voor mekaar in, stoot mekaar uit die pad, rits met 4×4 oor stukke wat nie veronderstel is om oor te ry in ‘n stad nie, ens. ens. ens. En dan die spoedvrate. Soveel onnodige sterftes en hartseer.

Bennie Bezuidenhout ·

Wel gestel Theresa! Ek het al begin voel die parkeerterrein by die kerk is die onveiligste area in my dorp…

Martie ·

Daar moet ook onthou word vandag se voertuie word van blik gemaak en nie meer soos voertuie van 30jaar terug nie.My ondervinding van die gevaarlikste voertuie op ns paaie is die VW Polo en die manne met die groot 4×4 as hule kon het hulle o-oor jou gery.Die Polos jaag teen ongelooflike spoed verby ongeag van die witlyne in die paaie.

Pieter ·

Martie, ek weet nie waar jy bly nie. Klink my by julle jag Polo’s roekeloos rond. By ons jaag Polo’s ook roekeloos, maar nie meer as Corollas, BMW’s, Astra’s, Honda’s, Kia’s of enige voertuig nie. Ek dink ek moet nader aan jou trek waar roekelose mense weet om ‘n Polo te koop – dan kan ek hulle maklik identifiseer en weet om te koes as ek een sien aankom!

thelsa ·

Het die afgelope week weer van Gauteng na Wes-Kaap gereis per motor. Dis skrikwekkend om die aantal motoriste te sien wat GEEN ontsag vir ‘n wit sperstreep toon nie. Dit lyk of die meeste motoriste dink sperstrepe is verf-eksperimente op die teerpad. Sou jy dit waag om ‘n oortredende motoris tereg te wys deur jou ligte te flikker as hy die onbesonne ding gedoen het om op ‘n sperstreep verby te gaan en jou lewe in gevaar te stel, word jy met allerhande verdagte handseine begroet asof jy nou die oortreding begaan het.

Chris ·

Dalk moet daar net weer goeie wetstoepassing gedoen word. Sonder die moontlike korrupsie wat dalk mag kop uitsteek nie. Soos in die “ou” dae

Chris Ws ·

Jy slaan die spyker op die kop Chris.Ons kort daadwerklike wetstoepassing op ons paaie,AL die paaie in die land.Dit gebeur net nie.Dis ‘n mogge troffe storie op die oomblik.Daar hoort duisende spoedlokvalle op ons paaie te wees 24/7.Dit SAL die ongeluksyfer verlaag,want dan kan meer motoriste vroegtydig reageer vir ‘n voertuig wat stadiger ry as hulle!GEEN wet se jy MOET teen die aangeduide spoed grens ry nie.Die wet se jy MAG nie VINNIGER as die spoedgrens op daardie betrokke pad ry nie.Daar net op snelwee ‘n minimum spoedgrens en op geen ander pad nie.Jy kan dus op die meeste paaie so stadig as jy wil ry.

katryn ·

‘n hobbel in die pad het die ongeluk veroorsaak – ek praat nou van die video van die ‘groen kar’ / ‘polo’. Agv hoë spoed is enige ongelykheid lewensgevaarlik. Ek wens hulle het op die foto’s gewys hoe die hobbel lyk – sou graag wou sien hoe nietig dit in werklikheid is. Ek is bitter jammer vir die 2 wat hul lewens verloor het, dit is verskriklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.