[Foto’s] Heelpad grondpad met die nuwe Jurgens Safari-reeks

Jurgens-03

Jurgens het ‘n paar veranderinge aan die Safari-reeks gemaak om meer spasie in die binneruim te skep. Foto: Verskaf.

Die Jurgens Safari-reeks is die afgelope tien jaar al ʼn gunsteling onder avonturiers wat grondpaaie en die bos wil aandurf.

Die Xcape is pas beduidend verander, binne sowel as buite. Die drukplaat en wiele is nou donkerkleurig om die visuele impak te verbeter. Die buitespens is vergroot en het rakke en laaie met seildeurtjies bygekry. ʼn Nuwe SnoMaster ys/vrieskas is ook aan die buitekant van die sleep/woonwa aangebring.

Die uitleg aan die binnekant is aansienlik verbeter. Danksy die yskas aan die buitekant is daar meer spasie in die binneruim. Alle kassies het ook seildeurtjies wat met ritssluiters werk. Die bed wat uitvou is ook nou heelwat groter en die tent is hersien.

Die dak het voorheen slegs aan een kant opgelig, maar ʼn splinternuwe meganisme is ontwikkel sodat die dak aan albei kante opgelig kan word en sodoende meer ruimte aan die binnekant van die Xcape bied.

Die Xplorer spog ook met die donker drukplate en swart wiele en veranderings aan die binneruim sluit in gordyne, nuwe afwerkings en meubels in natuurlike kleure, asook seildeurtjies wat met ritssluiters werk. Die tent is ook aangepas en die Xplorer het ʼn 80 liter SnoMaster ys/vrieskas.

Hierdie nuwe Safari-reeks kom met ʼn lekker storie. Boitumelo Sekgetho het in Mei 2006 by Jurgens CI aangesluit as ʼn deeltydse veselglas-afwerker. In Augustus daardie jaar is hy permanent aangestel in dié posisie. In Maart 2007 is hy aangestel in die metaalwerkafdeling as ʼn masjien-programmeerder. In November 2010 is hy oorgeplaas na die ontwerp- en ontwikkelingsafdeling as ʼn junior ontwerper. Saam met sy mede-ontwerpers het hulle die hele reeks staalsleepwaens ontwerp en hy is nou die hoofontwerper vir die splinternuwe Jurgens Xcape.

Boitumelo se sukses met die Xcape is ʼn bewys van Jurgens CI se toewyding aan sy personeel se ontwikkeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.