[Foto’s] Landspoedrekordpoging in 2017 in SA

Bloodhound SSC Foto via DailyMail

Bloodhound SSC Foto via DailyMail

Die Bloodhound SSC-renmotor sal in 2017 in Hakskeenpan in die Noord-Kaap poog om die landspoedrekord te verbeter.

Dié blitsige motor is vir die eerste keer in Londen se Canary Wharf aan die publiek ten toon gestel.

Die 13.5 meter lange motor, met sy hoëtegnologie-kajuit en vuurpylmotors, is die gevolg van agt jaar se navorsing. Die motor kan meer as 135 000 perdekrag opwek. Dit is meer as nege keer van al die motors wat aan Formule 1 deelneem.

Die Bloodhound SSC met Andy Green agter die stuur, sal na verwagting 1 610 km/h haal.

Die motor het drie remstelsels, sewe brandblussers en 500 sensors – twee keer so veel as ʼn Formule 1-motor.

Die motor is deur ʼn span Formule 1- en ruimtekenners gebou in samewerking met elektriese en meganiese ingenieurs en tegnici van die Koninklike Lugmag se 71 Eskader.

Daar is boonop 12 kameras in die voertuig en twee in die kajuit wat regstreeks sal uitsaai. Die publiek sal dus tydens die poging presies kan sien wat in en om die motor gebeur.

Die Bloodhound sal 0 – 1 610 km/h binne 55 sekondes haal en dan terug na nul in ʼn verdere 65 sekondes. Dit sal oor ʼn afstand van 19 km geskied.

Die huidige landspoedrekord is 1 227 km/h wat deur Thrust SSC, ʼn span van die Verenigde Koninkryk, opgestel is. Richard Noble wat dié span gelei het, is Bloodhound se projekdirekteur. Andy Green was ook die bestuurder van dié motor.

Lees meer: Bloodhound SSC, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Korreksie, die motor het nie “vuurpylmotors” nie. Dit het ‘n straalenjin (jet engine) en ‘n addisionele vuurpylenjin (rocket engine).
Die verskil tussen ‘n straalenjin en ‘n vuurpylenjin is dat eersgenoemde suurstof uit die lug gebruik vir verbranding, terwyl ‘n vuurpylenjin sy eie suurstof saamdra – dis hoekom vuurpyle in die ruimte gebruik kan word.

Die vuurpylenjin se oksideermiddel word gepomp teen 40 liter per sekonde deur ‘n superaangejaagde Jaguar 5.0 V8 met 550 perdekrag. Die motor se “brandstofpomp” is dus ‘n enjin wat sterker is as meeste karre op die pad se normale enjins!

Ina ·

hoekom dit belangrik is om ‘n spoedrekord op land optestel sal sekerlik net sg “petrol koppe” verstaan. Met die astronomiese bedrag geld wat tot dusver gebruik is om die motor te bou en pan voor te berei kon duisende arm mense huise en kos gekry het. So landspoed rekord dra niks by tot omgee vir jou naaste nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.