[Foto’s] Mercedes se luukse Maybach-pronkperd bekendgestel

Die Mercedes-Maybach S 650 Cabriolet (Foto: Mercedes)

Die Mercedes-Maybach S 650 Cabriolet (Foto: Mercedes)

Mercedes het pas op die Amerikaanse Los Angeles-motorskou sy jongste pronkperd, die Maybach S 650, bekendgestel. Slegs 300 eenhede van dié Mercedes-Maybach S 650 Cabriolet sal beskikbaar wees.

ʼn Asemrowende €300 000 (ongeveer R4, 5 miljoen) is wat dit gaan kos om een van dié motors joune te maak. Handgestikte sitplekke en elke foefie waaraan jy kan dink gaan bydra om jou gepamperlang te laat voel. Boonop sal die verstommende 6 liter V12 enjin met ʼn magtige 463 kW jou bitter vinnig by jou bestemming bring.

As jy dié Maybach kan bekostig, is daar heel moontlik ʼn taamlike aantal reise in jou dagboek aangeteken. Daarom kry jy elegante bagasie wat by die kleurskema van jou Maybach pas. En seker die seiljag ook…

Twee turbo-aanjaers en 6 liter-enjin gee jou ook 1 000 Nm wringkrag tussen 2 300 en 4 300 r/min. Dié Mercedes-Mayback lewer ʼn brandstofverbruiksyfer van 12 liter/100 km en jy kan van 0 tot 100 km/h bereik binne 4,1 sekondes. Dié weeldewa is gemerk tot 250 km/h.

ʼn Mens sou gewis kon doen met ʼn miljoen, of hoe?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Uvonka ·

Ag Krismis Vader, ek al ‘n groot genoeg kous uithang!!!!

Annelize ·

Die “rims” doen totale afbreek aan die geheel prentjie. Dit lyk meer of dit op ‘n Taxi tuishoort. Sit ander “rims” op, dan praat ons weer.

Jan ·

Haha! Lyk soos daai amerikaanse wieldoppe wat aanhou draai as die motor reeds stilstaan.

Francois Kotze ·

Vir nog R100 000 extra kan jy seker jou eie rims kies, stem saam met jou opmerking oor die rims

Cobus ·

Wat kan ‘n man se? ‘n Pragstug, kunstig geweef. Vervaardig vir ‘n baie klein deeltjie van mense in die wêreld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.