[Foto’s] Padtoets: Mazda slaan die spyker op die kop

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

Die dae van die eenvoudige, goedkoop doodskis-op-wiele luikrug is lankal verby. Daar is wel nog goedkoop sub-standaard voertuie in die mark, maar dit is jou eie keuse as jy dit koop. Die grootste gedeelte van die mark, en sy leiers, het aanbeweeg. Die segment slaan vuis vir aandeel.

Ons het voorheen die Mazda 2 getoets. Dit was die dieselmodel en al wat kortgekom het was spoedbeheer – wat nou beskikbaar is op die nuwe model. Indien die diesel vir jou ʼn bietjie duur raak kan ek nou sê dat die 1,5-petrolweergawe nie regtig swaarder is op brandstof nie. Wat ek van die Mazda 2 hou, is dat hy nie die gewone resep volg nie. Sy ontwerp bly getrou aan Mazda se “KODO-ontwerpstyl”. Dit is vir my ʼn mooi ontwerp met vloeiende lyne. Die binneruim is waar die Mazda 2 my beïndruk.

Die bestuursposisie is puik. Die stuur is hoog en direk voor die bestuurder en kan kantel tot net waar jy dit wil hê. Al die kontroles in die Mazda 2 is perfek ergonomies uitgelê en dit verg nie ʼn graad om al die truuks in die kajuit te werk nie. Ek staan ook by wat ek sê: Mazda se inligtingstelsel werk die beste van enige stelsel wat ek al teëgekom het. Ek sluit die luukse motors hierby in. Die sentrale knop kontroleer alle funksies. Langs dit is daar ʼn volumeknop vir die radio. Na ʼn rukkie skop spiergeheue in en jy hoef nooit weer te soek waar om iets harder of sagter te draai nie. Dié stelsel is vir my beslis baie veiliger as enige raakskerm-stelsel.

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

Die Mazda2 Individual Plus-outo is propvol tegnologie, gewoonlik nie beskikbaar in dié grootte voertuig nie. Daar is, HUD – kop op vertoon, selfvouspieëls, halfleersitplekke, klimaatbeheer, navigasie, kant- en gordynlugsakke, truratsensors en kamera, baanwandelwaarskuwing en spoedbeheer. Van die funksies is glad nie beskikbaar in van die mededingers nie. Mazda het ook die materiaal of projektor van sy HUD verander sodat dit nie geaffekteer word deur gepolariseerde sonbrille nie. Ek kon die HUD perfek lees met of sonder my bril.

Die enjin-en-ratkaskombinasie in die Mazda is verbasend goed. Ek het gedink die atmosferiese enjin, gekoppel aan Mazda se baie slim outomatiese ratkas gaan lui wees. Tog nie. Nie eens swaar op brandstof nie, eintlik lig. Teen 120 km/h op die snelweg is die kar indrukwekkend stil. Die ritgehalte is soepel sonder om oproerig te raak en padhouvermoë heeltemal voldoende vir ʼn klein luikrug.

Die Mazda 2 is een van die min kompakte luikrugmotors wat regtig ten volle toegerus is. Die hoë spesifikasievlak en goeie bougehalte bied en kompleet, perfekte pakket. Indien jy baie ry is die diensplan ook ongeëwenaar.

Die reeks lyk só:

Mazda2 1.5 Active82Kw/ 145Nm5.5ℓ/100kmR215 100
Mazda2 1.5 Dynamic82Kw/ 145Nm5.5ℓ/100kmR230 200
Mazda2 1.5 Dynamic outo82Kw/ 145Nm5.7ℓ/100kmR243 200
Mazda2 1.5 Individual82Kw/ 145Nm5.5ℓ/100kmR243 300
Mazda2 1.5 Individual outo82Kw/ 145Nm5.7ℓ/100kmR257 200
Mazda2 1.5 Individual Plus outo82Kw/ 145Nm5.7ℓ/100kmR286 200
Mazda2 1.5DE Hazumi outo77kW/ 220Nm4.4ℓ/100kmR331 400

Die reeks word gedek deur Mazda se 3 jaar/ onbeperkte km waarborg en 3 jaar/ onbeperkte km diensplan.

Die kompetisie lyk só:

Opel Corsa 1.4 Enjoy outo66kW/ 130Nm6.0ℓ/100km5 jaar/ 120 000km waarborg

3 jaar/ 60 000km diensplan

R234 800
Suzuki Swift 1.4 GLS outo70kW/ 130Nm6.2ℓ/100km3 jaar/ 100 000km waarborg

3 jaar/ 60 000km diensplan

R242 900
Toyota Yaris 1.5 Pulse Plus outo82kW/ 136Nm4.8ℓ/100km3 jaar/ 100 000km waarborg

3 jaar/ 45 000km diensplan

R249 600
Ford Fiesta 1.0T Titanium outo74kW/ 170Nm4.9ℓ/100km4 jaar/ 120 000km waarborg

5 jaar/ 60 000km diensplan

R274 900
Hyundai i20 1.4 Fluid outo74kW/ 133Nm7.5ℓ/100km5 jaar/ 150 000 km voertuigwaarborg

7 jaar/ 200 000km dryfstelselwaarborg

3 jaar/ 60 000km diensplan

R279 500
Kia Rio 1.4 TEC outo74kW/ 135Nm6.0ℓ/100km5 jaar/ onbeperkte km waarborg

4 jaar/ 60 000km diensplan

R287 995
VW Polo 1.2TSI Highline outo81kW/ 175Nm5.1ℓ/100km3 jaar/ 120 000km waarborg

3 jaar/ 45 000km diensplan

R292 300
Honda Jazz 1.5 Dynamic outo88kW/ 145Nm5.8ℓ/100km5 jaar/ 200 000km waarborg

4 jaar/ 60 000km diensplan

R310 000

Hoewel daar baie goedkoper opsies is, sal hulle nie naastenby toegerus wees soos die Mazda2 nie. Die Honda is ook buitensporig duur in dié klas. As ek nie die Mazda2 mag koop nie sal ek of die Polo of die Rio oorweeg.

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

Die Mazda 2 (Foto: Mazda)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Dit gaan seker nou dom klink, maar dis uiters frustrerend vir my om deesdae amper jou kar om te gooi deur oor te leen en te soek op die touch screen na ander radio stasis of n spesifieke liedjie! In die ou dae het jy jou oë op die pad gehou terwyl jy stasies verander, ek kon selfs my cd’s vervang terwyl ek my oe op die pad hou, alles het fisiese knoppies gehad, nou kan ek nie meer nie :-( Al fisiese knoppies wat daar vir die radio is, is vir volume en “skip” op die stuurwiel….

Nix ·

Jaco, daar is darem daai groot ronde knop wat jy kan draai en druk soos nodig :) (Ek ry die CX5). En jy kan met jou kar praat en vir hom vertel wat om te doen (die mond knoppie onder aan die stuurwiel).

MAAR, ek stem saam met jou – daar is te veel onbenullighede deesdae in ons karre :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.