[Foto’s] Porsche Panamera word mooi

Die Porsche Panamera (Foto: Porsche)

Die Porsche Panamera (Foto: Porsche)

Die Porsche Panamera-reeks word uitgebrei met die byvoeging van ʼn allernuwe Panamera Sport Turismo. Die nuwe Panamera sedan is nie so ʼn lelike eendjie soos die eerste een nie, maar sjoe – die stasiewa-jas pas baie mooi op die Panamera.

Die nuwe Sport Turismo is die eerste Panamera met drie sitplekke agter … so nou kan ek ook een kry en daar is plek vir al my kindertjies.

Die reeks lyk so:

Panamera 4 Sport Turismo243 kWR1 431 000
Panamera 4S Sport Turismo324 kWR1 667 000
Panamera Turbo Sport Turismo404 kWR2 522 000

Die reeks word gedek deur Porsche se drie jaar lange Drive Plan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.