Foto’s: Porsche se splinternuwe $100 miljoen-speelpark

Foto: The Verge

Foto: The Verge

Die motorvervaardiger Porsche het ʼn nuwe hoofkantoor net suid van Atlanta in Amerika oopgemaak.

Dié nuwe “ervaringsentrum”, geleë in Porscherylaan 1, is byna 11 hektaar groot en die maatskappy het ongeveer $100 miljoen daarin belê, berig The Verge.

Alhoewel Porsche nog steeds ʼn boetiekhandelsmerk is, het die maatskappy in 2014 meer motors in Amerika verkoop (meer as 48 000 eenhede) sedert die maatskappy 65 jaar gelede die Amerikaanse mark betree het.

ʼn Formule 1-argitek het spesiaal ʼn 1.6 myl (2.57 km)-renbaan ontwerp vir bestuurdersontwikkeling. Die maatskappy het hard gewerk om die kans dat iemand sal seerkry te minimaliseer, en bestuurders sal altyd ʼn afrigter saam met hulle in die motor hê om die ervaring aan te pas vir die persoon se belangstelling.

Die maatskappy sal ook binnekort aanboordkameras installeer sodat jy jou ervaring deur sosiale media kan deel.

Daar is ook ʼn galery met klassieke motors, ʼn herstel- en restoureersentrum en selfs ʼn restaurant.

Porsche verwag nagenoeg 30 000 besoekers per jaar.

Lees meer: The Verge, Porsche Atlanta

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.