Die motorvervaardiger Nissan het verlede week hul nuwe Leaf in Yokohama, Japan, bekend gestel.
Die nuwe Leaf het ʼn splinternuwe ontwerp. Dié weergawe bied ʼn reikafstand van 400 km op die Japanese JC08-siklus. Die nuwe dryfstelsel bied verder ook 110 kW- en 320 Nm-wringkrag.
Die nuwe ontwerp en dryfstelsel, gepaard met Nissan se slim nuwe tegnologieë soos ProPILOT en ProPILOT Park, is ’n stap in die toekoms se rigting vir Nissan. Nissan se nuwe e-Pedal laat ’n mens toe om met een voet te bestuur, en sodra jy jou voet van die versneller afhaal, rem die voertuig met remkragherwinning.
Die binneruim is soos die eksterieur, heeltemal vernuwe. Nissan se doel is ’n luukse, dog skoon en tegnologiese gevoel. As ons na die foto’s kyk, is ons verskriklik opgewonde oor dié voertuig. ’n Reikafstand van 400 km sal die elektriesevoertuigmark op sy kop draai en dit skielik haalbaar maak vir baie mense vir wie dit voorheen onmoontlik was.
Ons het voorheen oor die huidige Leaf berig, en kan nie wag om die nuwe een in die hande te kry nie.
Mooi voorkoms en stillering, maar gaan heelwaarskynlik te duur wees
Ek het R200 wat sê hy sal nie 400km haal nie.
Werk jy vir Outsurance?
Wow, wat ‘n mooi kar! Die nuwe styl lyk sommer stukke beter as die oue.
Net wat ek soek as ek aftree. Pragtig en ja bietjie duur maar dink net geen petrol. Justus gebruik jou R200 maar vir petrol haha as ek in die dorp wil ry hoef hy nie 400km te ry nie.
Nissan het of Citroen oorgekoop of hulle ontwerpers af gerokkel.
Nogal ‘n mooi kar!
Ek sien geen e- pedal onder die stuurwiel nie,dis dan n meganisme waarmee jy met jou voet stuur.SA se verkeersbeamptes sal jou skryf as jy loshande ry