Die Suid-Afrikaanse bakkiemark is aan die brand. Daar is amper weekliks nuwe modelle. Die splinternuwe Nissan Navara is bekendgestel, en behoort na alle waarskynlikheid ʼn groot treffer te wees.
Daar is tans slegs drie 4×4-modelle beskikbaar. Die 4×2-reeks sal aan die einde van 2017 beskikbaar wees in Suid-Afrika.
Die nuwe Navara is die eerste 1 ton-bakkie wat nie agter met bladvere toegerus is nie, maar eerder ʼn vyfskakel-kronkelveerstelsel.
Daar is slegs een enjin beskikbaar, Nissan se splinternuwe dubbel-turbo 2.3 liter-viersilinder. Hy bied 140 kW en 450 Nm wringkrag en die bakkie geniet ʼn 3.5 ton-sleepkapasiteit.
Die nuwe Navara kom standaard met Nissan se omvattende Nissan Assured 6 jaar/150 000 km-waarborg en 3 jaar/90 000 km-diensplan
Maroela Media is opgewonde om die hande op hom te kry…
Die splinternuwe Nissan Navara lyk so:
Navara 2.3 DDTT 4×4 SE dubbelkajuit-handrat | R514 900 |
Navara 2.3 DDTT 4×4 LE dubbelkajuit-handrat | R565 900 |
Navara 2.3 DDTT 4×4 LE dubbelkajuit-outo | R597 900 |
Mooi Bakkie, net jammer die parte op hierdie bakkies is so duur, anders sou ek een oorweeg het!!
Baie-baie indrukwekkende voertuig…
Net jammer hys so stadig met die wegtrek. HEEEEY, Julle het Ford se kleur gekry!