[Foto’s] Só lyk die nuwe Navara se pryse

Die Nissan Navara (Foto: Nissan)

Die Nissan Navara (Foto: Nissan)

Die Suid-Afrikaanse bakkiemark is aan die brand. Daar is amper weekliks nuwe modelle. Die splinternuwe Nissan Navara is bekendgestel, en behoort na alle waarskynlikheid ʼn groot treffer te wees.

Daar is tans slegs drie 4×4-modelle beskikbaar. Die 4×2-reeks sal aan die einde van 2017 beskikbaar wees in Suid-Afrika.

Die nuwe Navara is die eerste 1 ton-bakkie wat nie agter met bladvere toegerus is nie, maar eerder ʼn vyfskakel-kronkelveerstelsel.

Daar is slegs een enjin beskikbaar, Nissan se splinternuwe dubbel-turbo 2.3 liter-viersilinder. Hy bied 140 kW en 450 Nm wringkrag en die bakkie geniet ʼn 3.5 ton-sleepkapasiteit.

Die nuwe Navara kom standaard met Nissan se omvattende Nissan Assured 6 jaar/150 000 km-waarborg en 3 jaar/90 000 km-diensplan

Maroela Media is opgewonde om die hande op hom te kry…

Die splinternuwe Nissan Navara lyk so:

Navara 2.3 DDTT 4×4 SE dubbelkajuit-handratR514 900
Navara 2.3 DDTT 4×4 LE dubbelkajuit-handratR565 900
Navara 2.3 DDTT 4×4 LE dubbelkajuit-outoR597 900

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grens ·

Mooi Bakkie, net jammer die parte op hierdie bakkies is so duur, anders sou ek een oorweeg het!!

Navara f toe ry jy ·

Net jammer hys so stadig met die wegtrek. HEEEEY, Julle het Ford se kleur gekry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.